On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Agriculture

Word vandag 'n Sparta Kalf Klub-lid!

───   12:03 Thu, 29 Aug 2024

Sponsored12:03 Thu, 29 Aug 2024
Word vandag 'n Sparta Kalf Klub-lid!  | News Article

Tyd loop uit om deel te word van die Sparta Kalf Klub waar ‘n reis vir twee na Mauritius op die spel is.

 OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, gesels met Charles Mathewson om meer uit te vind…


Om te kwalifiseer vir die Kalf Klub-gelukstrekking moet jy ten minste 100 kalwers aan Sparta verkoop in die tydperk 1 Januarie – 31 Desember 2024.

Kalwers moet direk aan Sparta verkoop word deur een van ons vee-aankopers. Geen agente nie. 

Hier volg die kriteria vir kalwers wat aan Sparta verkoop word en vir jou om vir die gelukstrekking te kwalifiseer:

  • Gesonde vleisras kalwers
  • Sparta koop nie die volgende kalwers aan nie:
  • Enige suiwelrasse
  • Nguni-kalwers
  • Boran-kalwers
  • Afrikaner-kalwers
  • Tuli-kalwers
  • Dexter-kalwers
  • Kalwers moenie enige sigbare tekens toon van besmetlike en aansteeklike siektes of uitwendige parasiete nie
  • Kalwers moenie mank loop of enige gebrek hê nie
  • Kalwers moet minstens 160kg weeg
  • Albei ore moet intak wees
  • Brandmerke moet verkieslik nie op die kruis- of boudarea aangebring wees nie
  • Sparta koop GEEN kalwers aan wat ’n FMG-inenting ontvang het nie
  • Verkopers moet die volgende verklaar:
  • Inplantings, indien van toepassing
  • Alle behandelings wat die kalwers vir uitwendige en inwendige parasiete ontvang het
  • Of die kalwers gekastreer is of nie
  • Enige inentings wat die kalwers toegedien is
  • Die kalwers se ouderdom in maande, waar moontlik
  • Of die kalwers gereedgemaak (preconditioned) of afgerond (backgrounded) is
  • Dat die kalwers op geen stadium enige diereprodukte gevoer is nie

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.