On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Noord-Kaapse droogte: Kenhardt-boere se pleidooi

───   ELZETTE BOUCHER 18:15 Thu, 07 Nov 2024

Noord-Kaapse droogte: Kenhardt-boere se pleidooi | News Article
Foto: Facebook/Chris van Biljon

“Eerstens vra ek gebed. Tweedens vra ek dat julle ons asseblief sal ondersteun waar julle kan.”

Die hoogs ongewone gemiddelde reënval van 250 mm tussen Oktober 2021 en Oktober 2022 blyk slegs ’n “nat jaar” in ’n genadelose dekade van droogte te wees wat sedert 2013 van die westelike dele van die Noord-Kaap in ’n wurggreep hou. Talle produsente het reeds uitgeboer, en dit gaan broekskeur met dié wat nog oor is.

Só vertel Charl Saunderson van die Kenhardt-landbouvereniging. Hy sê in die afgelope 24 maande was die gemiddelde reënval tussen ’n skamele agt en 36 mm. “Kenhardt het 24 plase in die mark en talle wat net leeg lê omdat boere nie winsgewend kon voortgaan nie.”

Bring Hoop se Chris van Beljon wys in ’n video hoe daar net sand op sommige plase oor is en dat dit eintlik wonderbaarlik is dat beeste in hierdie toestande nog kalf. “Dis ’n moeilike paar jaar. Dis die een ding op die ander, en geld vir kos is daar lankal nie meer nie. Ons diere is meer moedeloos as wat ons is. Ek dink nie hulle wil meer aangaan nie.”

Saunderson meen die produsente wat wel nog boer, sal weer kan voortgaan as die reën kom, maar dan moet die hulp nóú gelewer word. “Dit is van die beste boere. Hulle doen hulle deel vir werkskepping en voedselsekuriteit. Hierdie droogte gaan ’n sosiaal-ekonomiese vraagstuk word.”

Sowat 50 boere in nood is op die lys. Enigeen wat bystand kan verleen, kan Van Beljon whatsapp by 082 961 6620.

“Eerstens vra ek gebed. Tweedens vra ek dat julle ons asseblief sal ondersteun waar julle kan. Ek weet dis orals droog, maar as jy kan help met ’n bietjie voer, of maatskappye wat bereid sal wees om vir ons voer aan te koop; vervoermaatskappye wat ons kan help met die vervoer. Asseblief, help ons.”

OFM Agri mc

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.