On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Trekker- en stroperverkope daal verder in November

───   09:44 Fri, 06 Dec 2024

Trekker- en stroperverkope daal verder in November | News Article
Minder trekkers en stropers word verkoop. Foto: Getty Images

Onsekerheid oor weerstoende vir plant het daartoe gelei dat graanprodusente huiwer om nuwe landboumasjienerie aan te koop.

Willie Human, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie, sê trekkerverkope van 523 eenhede in November is ongeveer 24% minder as die 685 eenhede wat in November 2023 verkoop is. “Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou ongeveer 23% minder as verkope verlede jaar.”

In November is 13 stropers verkoop – 21 minder as die 34 eenhede wat verlede November verkoop is. “Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou ongeveer 55% minder as verkope verlede jaar.”

Verkope in November. Grafika: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

Hy sê boere met somergewasse het nou ’n kritieke fase in die seisoen bereik. “Sekere boere het aangeplant en wag op reën om die jong plante te voed. Ander boere wag op reën om te begin plant; ander moet weer plant weens die gebrek aan opvolgreën. Die situasie het daartoe gelei dat baie boere eers wag voordat hulle toerusting aankoop.”

Die voorspelde daling in verkope van landboumasjinerie na ‘normale’ vlakke is nou ’n realiteit en trekkerverkope van ongeveer 6 400 eenhede is waarskynlik vir die 2024-kalenderjaar. Soortgelyk word stroperverkope van tussen 200 en 220 eenhede vir die jaar verwag.

OFM Agri dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.