Agriculture
Wees proaktief: Begin nou met winterlekstrategie─── 11:52 Wed, 30 Apr 2025
Sponsored11:52 Wed, 30 Apr 2025
Die winter het sy koue vingers reeds oor groot dele van Suid-Afrika begin uitsteek, en produsente moet begin beplan aan ’n doelgerigte lekprogram om produksieverliese te voorkom. Só sê Phillip Lee, senior tegniese bestuurder by NUTRI Feeds.
Lee meen een van die grootste foute wat produsente maak, is om reaktief eerder as proaktief op die winter se uitdagings te reageer.
“Wanneer jy eers begin ‘catch-up’ speel, kos dit jou nie net finansieel nie, maar lei dit ook tot produksieverliese. Produsente moet hul seisoen ken, hul weiding se status verstaan en vroegtydig ’n lekstrategie implementeer wat aan hul diere se voedingsbehoeftes voldoen.”
Hy verduidelik ’n oorgangslek speel ’n belangrike rol om die herkouer se rumenmikrobe-populasie voor te berei vir verhoogde ureuminname in die koue maande, en dat dit vergiftiging en produksieverliese kan voorkom. Volgens Lee is daar egter geen ‘one-size-fits-all’ oplossing nie: elke plaas en selfs verskillende kampe op dieselfde plaas het unieke behoeftes.
NUTRI Feeds bied verskeie produkte om produsente in hierdie kritieke oorgangstyd te ondersteun. Van die gewildste keuses sluit in:
- Winter Lek 32 en Winterbreker 32: Veelsydige produkte wat ideaal is vir gebruik in die oorgangsperiode en kan deur die winter voortgesit word.
- Nutri Lek Winter 40: ’n betroubare, elastiese produk met een persent fosfaat, ideaal vir produksiedoeleindes of veldafronding.
- Nutri Tub-reeks: Veral die proteïen tubs word nou aanbeveel, met hul gerieflike, gekontroleerde inname en minimale vermorsing.
- Energie Tub: Vir laatdragtige koeie, vervangingsverse en lakterende koeie, waar veldkwaliteit en -kwantiteit afneem, en beide energie- en proteïenaanvulling noodsaaklik is.
Lee beklemtoon verder die belangrikheid van volledige voedingsondersteuning, insluitend mikro- en makrospoorminerale, proteïen, energie en fosfate, om die beste moontlike resultate gedurende die wintermaande te verseker.
“As dié boksies afgemerk is, weet ’n produsent sy diere ontvang wat hulle moet, en hy kan snags met gemoedsrus slaap.”
OFM Agri cg