On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Tradisionele kuns van perdebeslaan kry nuwe lewe op Bloemskou

───   ELZETTE BOUCHER 05:00 Tue, 29 Apr 2025

Tradisionele kuns van perdebeslaan kry nuwe lewe op Bloemskou | News Article
Daar was vanjaar vir die eerste keer ’n interprovinsiale kampioenskap vir hoefsmede by Bloemskou. Foto: Johan Gunter/OFM

Die kletter van hamer op aambeeld het vanjaar ook agter die hoofarena van die Bloemskou weerklink, waar die kuns van perdebeslaan herleef het in ’n unieke kompetisie.

Dié kuns én ’n beroep los nuwe spore, nie net vir die perde nie, maar ook vir die jong vakmanne wat dit beoefen.

John Murdock, president van die Southern African Association of Professional Farriers (SAAPF), sê hulle was vir die eerste keer by die skou en hoop dit word ’n jaarlikse instelling.

“Ons is baie passievol oor die opleiding van hoefsmede. Wat vroeër net as ’n stokperdjie of informele ambag beskou is, het nou ’n gestruktureerde beroep geword met ’n driejaar vakleerlingskap waarna ’n formele eksamen afgelê word.”

Die kompetisie bestaan uit vier vaardigheidsvlakke – van beginners tot gevorderdes – en sluit alles in van die maak van ’n eenvoudige hoefpiek tot die presiese aanpassing en beslaan van ’n perd se voet met handgemaakte ysters. “Dis nie net ’n tegniese vaardigheid nie, maar ook ’n kunsvorm wat ons probeer bewaar.”

Murdock sê dit is bemoedigend om te sien hoeveel jongmense, insluitend vroue, deelneem. “Al hoe meer meisies sluit aan en hulle lewer uitstekende werk, veral met hul oog vir detail.”

Spanne ding mee in die arena. Foto: Johan Gunter/OFM

Vanjaar se kompetisie het spanne van die Vrystaat, Namibië, Wes-Kaap en selfs die sogenaamde ‘Barbarians’ – ’n span saamgestel uit deelnemers van verskillende provinsies saamgestel – ingesluit.

“Die publiek se belangstelling is groot en dit gee ons waardevolle blootstelling. Ons wil wys dat die beroep nie net relevant is nie, maar ook werksgeleenthede skep en ’n trotse ambag bly.”

Die Vrystaat, wat die interprovinsiale titel in 2019 verower het, het weer goud behaal.

Individuele klaswenners:

Vakleerling-klas:

  1. Luke Blakey
  2. Joppe Schouteden
  3. Leili Steenkamp

Nuweling-klas:

  1. Special Dyantyi
  2. Theresia Matheis
  3. Tiaan Piek

Intermediêre klas:

  1. Christo Wessels
  2. Billy van der Westhuizen + Fredrik Kukkuk (Gesamentlik 2de)
  3. Roelof Burger

Ope klas:

  1. Clinton Clements
  2. Candice Brown + Lombard Le Roux ( Gesamentlik 2de )
  3. Ryk Roodman

Algehele spanplasings:

  1. Vrystaat
  2. Namibië
  3. Barbarians

OFM Agri/Johan Gunter cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.