On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Plaaskombuis laat weer monde water op NAMPO 2025

───   10:31 Wed, 14 May 2025

Plaaskombuis laat weer monde water op NAMPO 2025 | News Article
Arina du Plessis. Foto: OFM

Die gewilde Plaaskombuis is weer terug by NAMPO 2025 en bied hierdie jaar vyf nuwe geregte wat feesgangers kan geniet.

Arina du Plessis, Landbou Boerekos-redakteur, sê daar is vanjaar iets vir elke smaak.

“Ons het drie heerlike beesvleisopsies – ’n brisket platbrood, bavet-sosaties en ’n dubbel K-burger. Daar is ook ’n lekker hoender- en varkvleisopsie, so daar is beslis iets vir elkeen.”

Uitstallers en besoekers wat net vir die dag daar is, kan dus elke dag iets anders proe. Boonop is daar verfrissende drankies soos verlede jaar se tee, nie-alkoholiese bier, koue water en suiwer druiwesap, asook natuurlik uitstekende koffie.

Die Plaaskombuis word vanjaar deur Fresh M ondersteun, wat verseker dat elke gereg met kraakvars, plaasvars groente en vrugte voorberei word. “Ons gebruik ook sentraal Suid-Afrikaanse produkte, so baie van die handelsmerke sal mense herken.”

Die Roots Academy studente speel weer ’n belangrike rol in die kombuis. “Hulle is vaardig, vriendelik en fluks, en ons kan regtig nie sonder hulle klaarkom nie.”

Die Plaaskombuis is elke dag vanaf 11:00 oop, tot uitverkoop. Besoekers word uitgenooi om te kom proe aan die geure van die plaas – vars, smaaklik en eg Suid-Afrikaans.

OFM Agri mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.