Agriculture
FarmRanger se satelliet-halsbande bied veeboere gemoedsrus─── 15:33 Wed, 14 May 2025
Sponsored15:33 Wed, 14 May 2025
FarmRanger, ’n pionier in digitale veemonitering, is vanjaar by Graan SA se NAMPO Oesdag met hul satelliet-halsbande wat vee 24-uur per dag monitor.
Phillip Lötter, stigter en hoof van kliëntedienste by FarmRanger, verduidelik hoe die tegnologie werk en watter voordele dit aan veeboere bied. “FarmRanger se halsbande monitor jou diere 24/7 en waarsku jou onmiddellik wanneer iemand probeer vee steel of as jou diere deur roofdiere aangeval word,” sê Lötter.
Volgens hom maak sowat 2 000 boere tans gebruik van hierdie tegnologie, met ongeveer 9 000 diere wat reeds beskerm word. Die grootste voordeel is die gemoedsrus wat dit bied.
“Jy weet dat jou diere konstant gemonitor word en jy sal onmiddellik in kennis gestel word as daar enige abnormale aktiwiteit is,” voeg hy by. Die stelsel waarsku boere op twee maniere: deur outomatiese oproepe wanneer daar abnormale gedrag opgespoor word, en deur ’n GPS-opsporingsfunksie wat jou toelaat om jou diere se presiese ligging te sien.
“Dis ’n onmisbare hulpmiddel vir boere wat hul diere teen diefstal en roofdiere wil beskerm,” sê Lötter.
At Lunch se Pulane Nel-Sekepe gesels met Lötter om meer oor hul halsbande uit te vind:
Belangstellende boere kan Lötter en sy span tydens NAMPO by stand nommer 40 ontmoet of FarmRanger kontak by 028 212 3346 vir meer inligting.