On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

‘Wys jou Vleisfees’ beloof vet pret in Kimberley

───   09:29 Thu, 05 Jun 2025

Sponsored09:29 Thu, 05 Jun 2025
‘Wys jou Vleisfees’ beloof vet pret in Kimberley | News Article

Die Noord-Kaapse tak van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) bied op 13 Junie 2025, in samewerking met Beefmaster, die eerste ‘Wys jou Vleisfees’ aan by die Mittah Seperepere-konferensiesentrum in Kimberley.

Hierdie feestelike dag mik nie net daarvoor om plaaslike landbouprodukte ten toon te stel nie, maar om beleggings in die streek en sterk netwerke in die vleiswaardeketting te bevorder.

Volgens Yolande Botha van die RPO Noord-Kaap, is die hoofdoel om verhoudings tussen produsente, besighede en die publiek te versterk. “Ons boere lewer ’n wêreldklas produk wat nie net vir uitvoer bestem is nie – ons wil ook plaaslike verbruikers en beleggers inspireer om in die streek te belê.”

’n Vol program wag op besoekers: inligtingsessies oor grondgesondheid, predasie en landboutendense, sowel as uitstallings van sowat 100 stalletjies en verskeie vee- en produkdemonstrasies. Die gewilde Lamb Champs-braaikompetisie en ’n sterkmankompetisie wat aan lewendehawerasse gekoppel word, voeg ’n element van boerepret by.

“Ons wil wys dat die landbou veel meer is as net boer – daar is loopbaangeleenthede in tegnologie, konstruksie, chemie en bestuur. Ons bied ook ’n spesiale sessie aan vir kinders en studente wat meer oor hierdie sektore wil leer.”

Kaartjies is beskikbaar via Quicket of by die hekke (slegs kaartbetalings). Dagbesoekers betaal vanaf R50 (vanaf R20 vir kinders onder 13), met musiekkonsertkaartjies vanaf R150 en besoekers kan ook uitsien na optredes deur onder andere Jan Jan Jan en Droomsindroom.


“Dis ’n unieke geleentheid om regstreeks die waarde van plaaslike vleis en boerdery te beleef. Bring jou familie – en jou eetlus.”

OFM is ’n trotse mediaborg van die Wys jou Vleisfees.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.