On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Stroperresies op Grootpan uitgestel na 2026 ná haelstorm-verwoesting

───   09:56 Thu, 05 Jun 2025

Stroperresies op Grootpan uitgestel na 2026 ná haelstorm-verwoesting | News Article
’n Blik op ’n vorige stroperresies. Foto: Facebook/Stroper Resies

Die gewilde Stroperresies by die Du Preez-landgoed op Grootpan sal vanjaar nie plaasvind nie weens verwoestende haelskade aan mielielande in die omgewing.

Volgens Waldo du Preez het ’n ongewone storm vroeg Mei die streek getref met drie intensiewe haelvlae wat wydverspreide skade aangerig het.

“Toe ons die middag by die lande kom, het ons besef dis baie erger as wat ons gedink het,” sê Du Preez. “Die hael het drie van ons plase hard getref, en boere in ’n strook van omtrent vier kilometer breed is geraak.”

Hierdie skade het beteken dat daar eenvoudig geen oes is om meer te stroop nie. Die Stroperresies, wat sedert 2004 plaasvind en bekend is danksy sy landboutoerusting-demonstrasies en stroopkompetisies tussen plaaslike boere, is dus vir vanjaar gekanselleer. Die volgende resies word egter reeds vir 5 Junie 2026 beplan.

“Ons het besluit ons kan nie ophou met hierdie tradisie nie. Die belangstelling is ongelooflik – meer as 72 stalletjies het reeds ingeskryf vir vanjaar. Fabrikate het gevra dat ons asseblief alles gereed hou vir volgende jaar. Ons gaan definitief voort.”

Die program vir 2026 sal weer uit demonstrasies vroegoggend bestaan, gevolg deur stroperresies teen 14:00. Belangstellendes wat vanjaar nie kon deel wees nie, word aangemoedig om aan te sluit. “Ons is op Facebook en Instagram onder ‘Stroper Resies’. Daar’s nog plek en ons lyne is heel jaar oop – ons wil graag nuwe fabrikate en deelnemers verwelkom.”

Ondanks die teenspoed bly die boere positief. “Ons is weer lus om die planters uit te haal vir die nuwe seisoen.”

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.