On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Massa-inentings vir pluimvee op pad: Bedryf verwelkom voëlgriepveldtog

───   13:39 Wed, 11 Jun 2025

Massa-inentings vir pluimvee op pad: Bedryf verwelkom voëlgriepveldtog | News Article
Foto: Getty Images

Die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het die regering se aankondiging van ’n massa-inentingsveldtog teen voëlgriep met groot entoesiasme verwelkom.

“Ons het ’n absolute positiewe reaksie. Minister John Steenhuisen het die situasie na die adjunk-direkteur-generaal van landbou geëskaleer en daar is nou definitief vordering,” sê Izaak Breitenbach, bestuurder van die braaikuiken-afdeling by die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging.

Die veldtog is aangekondig tydens die ABI Africa-konferensie, waar Minister Steenhuisen bevestig het dat massainentings teen voëlgriep sal plaasvind. 

Breitenbach sê die proses is egter kompleks en daar is twee kritieke aspekte wat aandag verg: die aanstelling van voldoende veeartse en para-veterinêrepersoneel, sowel as realistiese sekuriteits- en moniteringsprotokolle vir inenting.

“Oor die 200 plase gaan waarskynlik aansoek doen om in te ent. Dis ’n groot volume en ons het bevestiging gekry dat personeel aangestel gaan word,” sê hy. Intussen word daar ook met die Landbounavorsingsraad (ARC) en die Universiteit van Pretoria onderhandel oor die aanpassing van streng protokolle wat tot dusver inenting op meeste plase onmoontlik gemaak het.

Breitenbach beklemtoon dat die massa-inentings slegs vir langlewende hoenders – soos teelouers en kommersiële lêhenne – bedoel is. “Braaikuikens wat geslag word vir verbruik word nie geënt nie, want hulle kry nie die siekte nie. Die enting op dagoud is vir ons standaardpraktyk.”

Hy verseker ook verbruikers dat daar geen risiko’s aan ingeënte hoenders verbonde is nie. “Selfs al sou iemand ’n ingeënte hoender eet, sal die normale gaarmaakproses die entstofvirus vernietig. Daar is geen gesondheidsgevaar vir mense nie.”

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.