On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

RPO Noord-Kaap hou kongres: Vroue simbool van hoop

───   ISABEL VAN TONDER 16:53 Thu, 12 Jun 2025

RPO Noord-Kaap hou kongres: Vroue simbool van hoop | News Article
Gaste by die RPO Noord-Kaap damesoggend. Foto: OFM.

Vroue is ’n simbool van hoop en inspirasie vir die landbousektor se toekoms.

Dit is die boodskap wat beklemtoon is tydens die damesoggend wat saam met die Rooivleisprodusente Organisasie Noord-Kaap se jaarkongres in Kimberley aangebied is. Dikwels is landbouers se vrouens die krag en inspirasie agter volhoubare boerdery.

Christel Basson en Nadine Blom. Foto: OFM

Die ontbyt met sanger Nadine Blom en OVK nasionale bemarkingsbestuurder, Christel Basson, as gassprekers het dames bemoedig en geïnspireer om hoop te behou, ook in die mees uitdagende omstandighede.

Gaste by die damesoggend. Foto: OFM

Die oggend is afgesluit deur Blom wat verskeie sangitems gelewer het.

OFM Agri


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.