Agriculture
SA hef pluimvee-invoerverbod van Brasilië gedeeltelik op─── 16:26 Wed, 18 Jun 2025

Die minister van landbou, John Steenhuisen, het aangekondig dat Suid-Afrika vanaf 19 Junie 2025 die gedeeltelike opheffing van die invoerverbod op pluimvee en pluimveeprodukte uit Brasilië sal implementeer.
Hierdie besluit volg op ’n tweede verslag van Brasilië se ministerie van landbou en veeartsenykunde, waarin bevestig word dat die uitbreking van voëlgriep beperk is tot slegs een staat.
Volgens Steenhuisen is die risiko van invoere tans “onbeduidend” en word die situasie noukeurig gemonitor. “Ons is bly dat ons binne ’n maand ná die uitbreking die risiko kon bepaal en bevestig dat dit gering is.”
Veterinêre amptenare in Suid-Afrika het in noue samewerking met hul Brasiliaanse eweknieë gewerk om die omvang van die uitbreking vas te stel. Inligting toon dat produkte wat buite die 10 km-radius van die uitbrekingsgebied vervaardig is, geen gesondheidsrisiko inhou nie.
Suid-Afrika sluit hiermee aan by verskeie ander lande wat soortgelyke gedeeltelike opheffings ingestel het. Die besluit kan egter herroep word indien nuwe uitbrekings in ander dele van Brasilië voorkom.
OFM Agri mvh