On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Mielieoes vir 2025 wys sterk groei – soja ook opwaarts aangepas

───   14:42 Fri, 27 Jun 2025

Mielieoes vir 2025 wys sterk groei – soja ook opwaarts aangepas | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Die verwagte kommersiële mielieoes vir 2025 is met 0,95% tot 14,783 m. ton verhoog.

Dit is 139 300 t meer as die vorige skatting, en sowat 15% (of 1,933 miljoen t) meer as die 2024-oes, volgens die Nasionale Oesskattingskomitee se vyfde produksieskatting vir somergewasse.

Die drie grootste produsente, Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, sal na raming 81% van hierdie oes lewer. Die algehele verwagte mielieopbrengs staan tans op 5,69 t/ha.

Witmielies stabiel, geelmielies neem toe

Die produksieskatting vir witmielies bly onveranderd op 7,648 miljoen t, met ’n oppervlakte van 1,6 m. ha en ’n opbrengs van 4,78 t/ha.

Geelmielies toon egter ’n toename van 1,99% tot 7,135 miljoen t – 139 300 t meer as die vorige skatting. Die geelmielie-oppervlakte is 997 000 ha met ’n verwagte opbrengs van 7,16 t/ha.

Sojabone wys merkwaardige groei

Die sojaboonproduksieskatting is met 13,6% of 317 050 t verhoog tot 2,648 miljoen t. Die verwagte opbrengs is 2,30 t/ha oor ’n oppervlakte van 1,151 m. ha.

Sonneblom, grondbone en sorghum onveranderd

Sonneblomsaad bly op 727 800 t, met ’n oppervlakte van 555 700 ha en opbrengs van 1,31 t/ha. Die grondbone-oes word steeds op 63 510 t geskat (1,32 t/ha op 48 125 ha) en sorghum op 137 970 t (3,35 t/ha op 41 150 ha).

Droëbone neig ook opwaarts

Die produksieskatting vir droëbone is met 4,04% verhoog, vanaf 71 415 t tot 74 299 t. Die beplante oppervlakte is 45 620 ha en die verwagte opbrengs 1,63 t/ha.

Die sesde produksieskatting vir 2025 se somergewasse, asook die voorlopige oppervlakte vir wintergrane, sal op 29 Julie 2025 bekend gemaak word.

OFM Agri

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.