On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Hoe lyk die perfekte biefstuk?

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Wed, 02 Jul 2025

Hoe lyk die perfekte biefstuk? | News Article
Foto: Getty Images

Dis die vraag wat onlangs aan professor Phillip Strydom van die Fakulteit Landbouwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch gestel is.

Strydom noem dadelik gehalte, en die hele proses van slagting tot produk op die rak, is uiters belangrik en deurslaggewend.

Wat word alles op die vleisetiket belowe?

Dis belangrik dat die verbruiker aandag skenk aan die vleisetiket en dat wat daarop belowe word, inderdaad is wat gelewer word. In byna 80% van gevalle is dit egter nie die geval nie.

Hoe word vleissagtheid bepaal?

In navorsing word daar van ’n proepaneel gebruik gemaak om vleis te beoordeel, of van ’n masjien (’n skeurkrag-lem) wat sagtheid meganies meet.

Die vier stappe na ’n perfekte biefstuk:

Daar is vier belangrike vrae wat gevra moet word - van veld tot vurk:

  1. Hoe word die dier geteel?
  2. Hoe word dit gevoer?
  3. Wat is die proses in die abattoir?
  4. Hoe verloop die verouderingsproses, in ag genome die gaarmaak- en eetproses?

Vleisprodukte verbeter met veroudering. Voerkrale het drasties toegeneem, en die rol wat hulle in vleiskwaliteit speel, is baie belangrik. Vleisverkoeling is een van die belangrikste faktore. Kwaliteit en sagtheid word dikwels beïnvloed deur verkoelingsgeriewe wat nie aan die standaard voldoen nie.

Indien alle stappe tot goeie vleis gevolg word – insluitend behoorlike veroudering – kan die versekering gegee word dat daar altyd ’n smaaklike en kwaliteitsbiefstuk op die bord beland.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.