Agriculture
Trekkerverkope styg steeds─── 09:49 Tue, 08 Jul 2025

Suid-Afrika se trekkerverkope het in Junie tot 636 eenhede gestyg – byna 31% meer as die 487 eenhede wat in dieselfde maand verlede jaar verkoop is.
Volgens Willie Human, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging (SAMA), is verkope vir die jaar tot dusver sowat 21% hoër as in 2024.
Stroperverkope het egter in Junie teruggesak tot 13 eenhede, teenoor 21 verlede jaar. Ten spyte hiervan is jaar-tot-datum-verkope steeds byna 30% hoër as verlede jaar.
Human sê vooruitsigte vir die komende somergewasse lyk goed, ondanks die laat reën en moontlike gehalte-uitdagings. Die verwagte mielie-oes is 15% hoër, met produksie in Noordwes wat byna 90% hoër as verlede seisoen sal wees. Ander somergewasse toon ook ’n verwagte styging.
“Boere gaan min tyd hê tussen oes, voorbereiding en plant vir die nuwe seisoen.” Human verwag dat trekkerverkope teen die einde van die jaar sowat 10% hoër sal wees as in 2024, met stroperverkope wat ook op ’n hoër vlak sal afsluit.
OFM Agri cg