On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Agriculture

Streekbyeenkomste oor byeboerdery in Noordwes gehou

───   09:00 Thu, 10 Jul 2025

Streekbyeenkomste oor byeboerdery in Noordwes gehou  | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

In Julie kan byeboere streekgebaseerde byeenkomste in al vier distrikte van Noordwes bywoon.

Volgens die Noordwes departement van landbou is die doel van hierdie sessies om groter bewustheid te skep oor die ekonomiese en ekologiese waarde van byeboerdery, uitdagings van plaaslike byeboere en koöperasies te identifiseer, en vaardigheidsontwikkeling, opleiding en kennisdeling te bevorder.

Die departement sê die byeenkomste sal ook ondersteuningsprogramme en moontlike befondsingskanale aan deelnemers bekendstel, asook samewerking tussen belanghebbendes in dié sektor versterk.

Die geleenthede vind as volg plaas:

10 Julie – Mahikeng (Ngaka Modiri Molema)

17 Julie – Vryburg (Dr Ruth Segomotsi Mompati)

24 Julie – Potchefstroom (Dr Kenneth Kaunda)

31 Julie – Rustenburg (Bojanala Platinum)

Die departement moedig alle belangstellende individue en rolspelers in byeboerdery aan om die sessies in hul onderskeie streke by te woon en ’n bydrae te lewer tot die toekoms van die bedryf in Noordwes.

OFM Agri cg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.