On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Nasionale bek-en-klouseer-indaba eersdaags in Pretoria

───   05:00 Thu, 17 Jul 2025

Nasionale bek-en-klouseer-indaba eersdaags in Pretoria | News Article
Getty Images

Te midde van voortdurende bek-en-klouseer-uitbrekings in verskeie provinsies, vat die nasionale departement van landbou en die Landbounavorsingsraad (LNR) hande om ’n nasionale indaba oor dié dieresiekte aan te bied.

Die indaba, wat oor twee dae sal strek (21 – 22 Julie 2025), bring van die land se voorste veeartseny- en landboukundiges byeen om volhoubare oplossings vir een van Suid-Afrika se grootste uitdagings in die veesektor te ontwikkel.

Die siekte, wat onlangs na die Vrystaat versprei het, is reeds aktief in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Gauteng. Dit het streng beperkings op vee-vervoer tot gevolg gehad en tas die rooivleisbedryf se toegang tot internasionale markte aan.

Die minister van landbou, John Steenhuisen, en sy adjunkminister, Nokuzola Capa, sal as hoofgashere van die indaba optree. Verteenwoordigers van die Universiteit van Pretoria, Onderstepoort Biologiese Produkte en ander sleutelrolspelers uit die bedryf sal ook deelneem.

Noodsaaklik om kundigheid, hulpbronne te konsolideer

Volgens die departement is dit noodsaaklik om kundigheid en hulpbronne te konsolideer om dié siekte effektief hok te slaan. Die indaba se fokus sluit in die versterking van biosekuriteit op plaasvlak, die doeltreffende toediening van entstofprogramme, en die afdwing van streng diervervoermaatreëls.

“Bek-en-klouseer het reeds miljarde rande se skade in die lewendehawebedryf aangerig en hou ernstige risiko’s vir die breër ekonomie in,” lui ’n verklaring van die departement.

Deur die kragte van staat, akademie en nywerheid saam te snoer, beoog die departement en LNR om gesofistikeerde en volhoubare ingrypings te ontwikkel wat die siekte kan uitroei en die landboubedryf se langtermyn-volhoubaarheid verseker.

OFM Agri

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.