On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Nog ’n geval van bek-en-klouseer bevestig in Vrystaat

───   05:00 Mon, 21 Jul 2025

Nog ’n geval van bek-en-klouseer bevestig in Vrystaat | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling (DARD) het ’n tweede bevestigde geval van bek-en-klouseer (BEK) in die provinsie aangemeld, dié keer in die Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit naby Deneysville.

Volgens die departement hou die uitbreking verband met ’n voerkraaleenheid in ’n aangrensende provinsie. Die besmette plaas is onmiddellik onder kwarantyn geplaas, en alle plase binne ’n 10 km-radius is ingelig en voorlopig beperk terwyl omvattende monitering aan die gang is.

Die inenting van diere op die besmette plaas is reeds begin om die verspreiding van die virus te stuit. Intussen is die situasie in Kroonstad, waar die eerste geval onlangs voorgekom het, steeds onder beheer. Alle besmette en moontlik blootgestelde beeste is ingeënt, en geen verdere kliniese gevalle is tot dusver aangemeld nie.

DARD spreek sy waardering uit teenoor die boeregemeenskap, veilingshuise en ander rolspelers in die streek vir hul samewerking en toewyding aan siektebeheer.

‘Ons kan hierdie siekte slegs bekamp as ons saamwerk’

Ingevolge Staatskoerant No. 51512 van 13 Junie en die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984), maan die departement alle boere, veilingshouers en spekulante om:

  • die beweging van gesplete hoefdiere streng te beperk,
  • biosekuriteitsmaatreëls noukeurig toe te pas, insluitend ontsmetting van voertuie en toerusting,
  • nuwe vee vir minstens 28 dae te isoleer voor integrasie,
  • akkurate rekords van dierebewegings en besoekers te hou, en
  • enige verdagte gevalle onmiddellik aan die plaaslike staatsveearts te rapporteer.

“Ons kan hierdie siekte slegs bekamp as ons saamwerk,” sê die departement. “Dankie vir almal se samewerking om die Vrystaat se veesektor te beskerm.”

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.