Agriculture
Hennep se voordele in landbou en werkskepping─── ISABEL VAN TONDER 05:00 Wed, 23 Jul 2025

Capa Bokone Hempprojek in Kimberley is ’n hennepverbouing en -verwerkingsmaatskappy wat die voordele van die plant benut op vele maniere.
Capa Bokone Hempprojek (CBH) is ’n industriële hennepverbouing en landbouverwerkingsmaatskappy wat in samewerking met die Universiteit van Johannesburg ten volle bemagtig is met swart vroue en jeugbesit. Hulle hoofkantoor is in Kimberley geleë.
CBH is ideaal gekwalifiseer vir hernubare energie-oplossings, skoner industriële produksie- en verbruiksprojekte wat op hennepverbouing fokus. Kundigheid en ervaring word aangewend om werk te verskaf aan plaaslike gemeenskappe sowel as om die landboupotensiaal van die gemeenskappe te ontwikkel en ontsluit.
Capa Bokone Hemp lewer nie net toerusting van hoë gehalte nie, maar ook ’n volledige reeks ondersteuningsdienste om te verseker dat kliënte optimale prestasie en betroubaarheid uit hul beleggings behaal.
By Capa Bokone Hemp word hennep nie net verwerk nie, die potensiaal van die produk word ook gedefinieer. Aangedryf deur die veelsydigheid van hennepolie word hoëgehalte voedselprodukte, tekstiele, konstruksiemateriaal en biodiesel vervaardig.
Capa Bokone Hempprojek in Kimberley. Foto verskaf
Landbouers van die gemeenskap word genooi om betrokke te raak by die Hennepprojek. “Volle opleiding en ondersteuning word aan voornemende boere verskaf indien hulle betrokke wil raak”, volgens Natalie Ruyters, een van die projekleiers.
Buiten al die voordele wat Hennepproduksie bied is daar ook ‘n dubbeldoel voordeel en dit is die rehabilitasie van ou mynhope deur middel van omgewingsherstel en die produksie van biobrandstof.
Hennep het diep wortelstelsels, werk soos ‘n stofsuier in die natuur deur swaar metale en gifstowwe op te neem en het ’n vinnige groeisiklus. Hennep is ook ideaal vir koolstofvaslegging wat lei tot die vermindering van kweekhuisgasse.
Veelsydigheid van Hennepprodukte. Foto verskaf
Hennepsaad en -neweprodukte (soos saadkoek en meel) is ideale veevoer wat ryk is aan proteïene, essensiële vetsure en minerale, ideaal vir vee, pluimvee en akwakultuur. Hennep kan ook in kuilvoer verwerk word vir veevoeding.
Foto ter illustrasie. Foto: iStock
Om deel te word van hierdie inisiatief benodig boere 1 hektaar grond, water, omheining, moet geregistreer wees, gesertifiseerde bewys van ID, bewys van verblyf en 1 000 skuimkoppies vir die saailinge.
Sluitingsdatum is 23 Julie 2025. Die Capa Bokone-kantore is geleë in Schmidtsdriftweg 13, Kimberley en hulle kan gekontak word by 010 746 7226, 071 536 0716, óf phumla@capabokonehemp.co.za.