On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Verklaar lone betyds – Vergoedingsfondssperdatum is Donderdag

───   05:00 Mon, 28 Jul 2025

Verklaar lone betyds – Vergoedingsfondssperdatum is Donderdag | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Produsente het tot 31 Julie 2025 om hul werknemers se lone by die Vergoedingsfonds te verklaar. Versuim om dit betyds te doen, sal lei tot boetes, waarsku Stephan Pietersen van Work Accident Support.

Ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes (COIDA) moet alle besighede, insluitend boerderye met minstens één werker, by die Vergoedingsfonds geregistreer wees. Hulle is verplig om jaarliks hul lone te verklaar om hul status in goeie stand te hou en werknemers te beskerm teen beserings of siektes wat tydens werk opgedoen word.

Watter werkers moet ingesluit word?

Alle werknemers aan wie 'n loon of salaris betaal word – insluitend permanente, tydelike, kontrak-, seisoenwerkers en werkende direkteure – moet ingesluit word in die verklaring.

Tydperk en maksimums vir 2024

Die lone wat verklaar moet word, is dié wat tussen 1 Maart 2024 en 28 Februarie 2025 uitbetaal is, vir die 2024 finansiële jaar. Let op: slegs R597 323 per werknemer mag verklaar word. Indien iemand meer as dit verdien het (bv. R700 000), moet net tot by die maksimum verklaar word.

Belangrike veranderinge in 2024

Vir die eerste keer is produsente verplig om twee dokumente op die Vergoedingsfonds se stelsel te laai:

  1. ’n volledige salarisstelsel-verslag (payroll), en
  2. ’n bevestiging van registrasievorm.

Hierdie nuwe vereistes het reeds verwarring veroorsaak en produsente word aangeraai om betyds hiermee te begin.

Wat gebeur as jy nie betyds verklaar nie?

Indien ’n produsent nie teen 31 Julie verklaar nie, sal ’n boete van 10% op die finale aanslag vir 2024 gehef word.

In gevalle waar ’n produsent ophou boer – byvoorbeeld as die plaas verkoop is of die eienaar te sterwe gekom het – moet daar aansoek gedoen word vir deregistrasie by die Vergoedingsfonds, en die lone moet dan per hand verklaar word, nie aanlyn nie.

Tariewe vir 2024 en 2025

  • Veeboerdery, grondbewerking en bosbou: styg van R2.51 tot R2.65 per R100 in lone.
  • Gemengde boerdery: daal van R1.86 tot R1.65 per R100 in lone.

Waarom is dit belangrik om uitstaande rekeninge te betaal?

Met die ondertekening van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes in 2022, is administratiewe boetes ingevoer. Tans word ’n 10%-boete gehef op die rekeningbedrag, maar toekomstige boetes sal bereken word op 10% van die verklaarde salarisbedrag, wat produsente veel meer kan kos.

Pietersen maan produsente om nie uit te stel nie: “Maak seker jou lone is op datum verklaar en dat uitstaande rekeninge betaal word – dit kan jou duisende rande in boetes spaar.”

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.