Agriculture
Noordwes bewillig meer as R35m om rooivleisbedryf te transformeer─── 17:44 Mon, 28 Jul 2025

Die Noordwes departement van landbou en landelike ontwikkeling het ’n bedrag van R36,856 miljoen toegeken aan die Rooivleisbedryfontwikkelings- en Bevorderingsprogram.
Dié program vorm deel van die departement se strategie om deelname te verbreed, plaaslike waarde toe te voeg en landelike ekonomieë te stimuleer, met betekenisvolle bydraes tot sowel die provinsiale as nasionale BBP. Dit is dus ’n strategiese ingryping om die provinsie as sleuteldeelnemer in Suid-Afrika se rooivleisekonomie te herposisioneer.
Woensdag, 23 Julie 2025, het LUR Madoda Sambatha tydens sy beleids- en begrotingstoespraak wat in die provinsiale wetgewer aangekondig is, sal 7 242 produsente regstreeks bevoordeel. Dit sluit 4 728 mans, 2 219 vroue, 252 jongmense en 43 persone met gestremdhede in. Ondersteuning behels gestruktureerde produksiehulpmiddele, toegang tot waardekettings en markintegrasie.
Dié inisiatief sal volgens die Beeswaardeketting-samewerkingsmodel geïmplementeer word – ’n raamwerk wat boerekoördinering versterk, verwerkingsvermoë verbeter en volhoubare skakels met kommersiële markte vestig. Die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distrik word as prioriteitsgebied geïdentifiseer vanweë sy konsentrasie van beesboerdery en strategiese rol in die provinsiale lewendehawebedryf.
Boonop sal die program na raming 321 tydelike en 87 permanente werksgeleenthede skep, veral binne samevoeging, logistiek, tegniese voorligting en voerkraalbedrywighede – as deel van die breër doelwit om landelike ontwikkeling te bevorder, huishoudelike inkomste te verhoog en werkloosheid te verminder.
“Hierdie R36,8 miljoen is meer as net befondsing – dit is ’n dapper verklaring van voorneme. Ons is besig om die rooivleiswaardeketting te transformeer, geleenthede vir opkomende boere te ontsluit en die provinsie as ’n kragspeler in lewendehaweproduksie te vestig.”
Hy beklemtoon dat die investering ’n toonbeeld is van die regering se toewyding aan ’n getransformeerde, mededingende en inklusiewe rooivleisbedryf in Noordwes, en ’n dryfveer vir ekonomiese groei, werkskepping en voedselsekerheid.
OFM Agri cg