On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Sentraal-SA vroue blink uit in nasionale kompetisie

───   17:49 Mon, 28 Jul 2025

Sentraal-SA vroue blink uit in nasionale kompetisie | News Article
Die finaliste van die ‘Women’s Voice in Agriculture’-kompetisie. Foto verskaf

Verskeie uitblinkers vanjaar in die Women’s Voice in Agriculture-kompetisie is trots afkomstig uit Sentraal-Suid-Afrika.

Die algehele wenner van 2025, Elaine van Eeden van Bethlehem, is ’n pionier in haar veld en die eerste vroulike kweker én navorser wat hierdie eer ontvang. Van Eeden het die afgelope 28 jaar aan koringverbetering en landbounavorsing gewy, en is ’n erkende rolspeler in voedselsekerheid en innovasie.

“Hierdie toekenning is vir al die vroue wat saam met ons werk om kos op die tafel te sit. Dis ’n bevestiging van ons verbintenis tot ’n voedselseker Suid-Afrika,” het sy gesê tydens die prysuitdeling by Hollard se hoofkantoor in Parktown, Johannesburg.

Andries Wiese en Elaine van Eeden. Foto verskaf

Ook onder die topdrie is Alani Janeke, ’n boorling van Bethlehem en landboujoernalis, as tweede naaswenner. Sy, tesame met Sarah Malatjie, ’n pas-gegradueerde landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, en Heleen Viljoen, eerste naaswenner, landbou-ekonoom by AgriSA en ook ’n oud-Kovsie, beklemtoon die sterk verteenwoordiging van vroue uit sentraal Suid-Afrika in dié toonaangewende kompetisie.

Andries Wiese, hoof van landbou by Hollard, het die belang van vroulike deelname in die sektor onderstreep. “Deur vroue op te hef en hul bydraes te vier, bou ons aan ’n volhoubare toekoms. Die sukses van landbou is ons sukses.”

Benewens die finaliste is verskeie vroue met spesiale erkenning vereer vir hul bydraes tot landbou en wetenskap, insluitend dr. Marinda Visser, Karen Nel, dr. Driekie Fourie verbonde aan die Noordwes Universiteit en prof. Sonja Venter, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat.

Die kompetisie, nou in sy tweede jaar, erken vroue se impak op beleidsvorming, tegnologie en produksiepraktyke – en 2025 se uitblinkers wys duidelik dat sentraal Suid-Afrika steeds ’n kragbron van landbouleierskap is.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.