On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Agriculture

Swakker witmieliepryse verwag weens laer gehalte, voorrade

───   09:12 Thu, 31 Jul 2025

Swakker witmieliepryse verwag weens laer gehalte, voorrade | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Hoewel die grootte van die mielieoes reeds in week 12 die 2023-’24-seisoen oorskry het, bly kommer oor swak gehalte ’n knelpunt vir die mark.

Volgens AMT-ontleder, dr. Johnny van der Merwe, is die verwagting dat die prys van geelmielies nie onder R4 000 per ton sal daal nie, terwyl witmielies waarskynlik stelselmatig laer sal verhandel totdat die meeste WM2-voorraad opgebruik is en die vraag geleidelik terugskuif na WM1.

“Die lae kwaliteit van baie van hierdie mielies speel nou ’n groot rol in markklassifikasie en opgraderingsbesluite.” ’n Groot gedeelte van die laer gehalte witmielies kan moontlik eerder na die voermark herlei word.

Dit beteken die bedryf verwag hierdie seisoen nie net ’n swakker WM1 nie, maar ook ’n swakker WM2-aanbod. Boonop kan sommige WM3-mielies selfs na die volgende seisoen oorgedra word weens die bestaande voorraadvlakke.

Luidens die jongste data van die Oesskattingskomitee staan Suid-Afrika se verwagte kommersiële mielie-oes vir 2025 nou op 15,031 miljoen ton, ’n styging van 1,68% of 247 925 ton meer as die vorige skatting, en 16,97% meer as verlede jaar. Die gemiddelde opbrengs word op 5,79 ton per hektaar geraam.

Die drie hoofproduserende provinsies – die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes – gaan na verwagting saam 81% van die oes lewer. Die witmielie-oes is nou op 7,736 miljoen ton geraam (1,14% hoër), met ’n opbrengs van 4,84 t/ha. Geelmielies se produksieskatting het met 2,25% gestyg na 7,295 miljoen ton, teen ’n opbrengs van 7,32 t/ha.

OFM Agri cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.