On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Agriculture

Nuwe toesigmodel oor plaaslike regering verwelkom

───   09:18 Sun, 03 Aug 2025

Nuwe toesigmodel oor plaaslike regering verwelkom  | News Article
Friedl von Maltitz, visepresident van Vrystaat Landbou. Foto: Vrystaat Landbou

Vrystaat Landbou (VL) het die parlement se stap verwelkom om plaaslike regering beter te monitor en aanspreeklik te hou.

Dié inisiatief, ’n nuwe toesigmodel vir munisipaliteite, word eerste in die Vrystaat in werking gestel. 

Volgens Friedl von Maltitz, visepresident van VL, is dit ’n broodnodige ingryping. “Die landbougemeenskap is meer blootgestel aan die gevolge van munisipale ineenstorting as enige ander sektor. Boerdery kan nie eenvoudig verskuif soos ander besighede nie – dit is vasgenael aan die grond.”

Hy sê landelike gemeenskappe ly lank reeds onder swak munisipale bestuur wat armoede vererger en die ekonomiese lewensvatbaarheid van plattelandse gebiede ondermyn. Die parlement se besluit volg op ’n verdoemende verslag deur die ouditeur-generaal in 2024 wat 16 Vrystaatse munisipaliteite met onbefondsde begrotings en miljarde rand se ongemagtigde uitgawes blootgelê het.


“Diensineenstorting begin met finansiële wanorde,” sê von Maltitz. “Plaaslike regering moet nou verantwoording doen. Gemeenskappe is vernietig sonder dat enigiemand aanspreeklik gehou is.”

Onder die ernstige gevolge tel swak paaie, waterbesoedeling, verwaarloosde rioolaanlegte en miljoene rand se onbetaalde Eskom-rekeninge.

VL beklemtoon dat sy Boereverenigings aktief met plaaslike owerhede skakel en gereed is om die nuwe toesigkomitee te ondersteun.

Die organisasie se jaarlikse kongres op 6 en 7 Augustus se tema is gepas: “Wortels van Veerkragtigheid – Krag van die Grond af.”

OFM Agri/Verklaring dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.