On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Get Wise Wednesday: Só begin jy jou eie groente- en vrugtetuin

───   13:00 Wed, 20 Aug 2025

Get Wise Wednesday: Só begin jy jou eie groente- en vrugtetuin | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Steeds meer mense droom daarvan om vars produkte uit hul eie tuin te kweek – en dit hoef glad nie ingewikkeld of duur te wees nie.

Só sê Welma Jurgens van Protek, wat raad gee oor hoe beginners hul eie agterplaasoes kan aanplant. Volgens haar is tamaties, spinasie, blaarslaai, radyse, boontjies, rissies en aarbeie van die maklikste gewasse vir beginners. 

“Kersietamaties groei selfs makliker as gewone tamaties, terwyl radyse binne drie tot vier weke gereed is om te oes. Blaarslaai en spinasie lewer vinnig ’n goeie opbrengs en rissies vaar die beste in potte.” 

Vir vrugteliefhebbers is aarbeie ’n maklike keuse en ’n suurlemoenboom is ideaal vir ’n beginner. Die basiese toerusting is eenvoudig: ’n graaf of handtroffel, ’n gieter of tuinslang, kompos en ’n paar basiese kunsmissoorte. 

“Jy hoef nie ’n groot stuk grond te hê nie – potte of selfs grond tussen jou blombeddings is voldoende.” Sy raai beginners aan om met gesondesaailinge van ’n kwekery te begin, of betroubare saad te koop.

Om plante teen siektes en peste te beskerm, begin by goeie grondvoorbereiding en gereelde voeding. 

Foto ter illustrasie: iStock

Jurgens beklemtoon die belangrikheid van inspeksie: “Hoe vroeër jy ’n probleem raaksien, hoe makliker is dit om op te los.” 

Sy beveel geregistreerde produkte soos Protex se Michael Guard en Padol aan vir swamme, en breëspektruminsekdoders vir peste. Verder kan kruie soos basiliekruid tussen tamaties help om insekte natuurlik weg te hou.

“Die geheim is om plante met soortgelyke water- en sonbehoeftes saam te plant en nie te dig te plant nie. Met basiese sorg en aandag kan enige iemand ’n gesonde oes in sy agterplaas pluk.”

OFM mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.