On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Veldbrande kan kospryse opjaag

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Thu, 28 Aug 2025

Veldbrande kan kospryse opjaag | News Article
Veldbrande en die gevolge daarvan kan kospryse opjaag Foto ter illustrasie: Pixabay

’n Beroep word op boere gedoen om voorsorg te tref vir die brandseisoen wat aangebreek het, omdat veldbrande kospryse kan opjaag.

Met dié dat die brandseisoen aangebreek het, word ’n spesiale beroep op boere gedoen om voorsorg te tref om hierdie rampe die hoof te bied. Meer veldbrande word vanjaar verwag, omdat daar ’n goeie reënseisoen agter die rug is. Klimaatsverandering speel ook ’n rol.

“In ag genome Suid-Afrika se stygende voedselinflasiepryse en die daaglikse uitdagings wat Suid-Afrikaanse boere beleef dra dit alles by tot onsekere voedselsekuriteit en ook stygende kospryse”, sê Dawie Maree, FNB se hoof van landbou-inligting en bemarking. Verliese weens veldbrande wat veld, vee en infrastruktuur insluit, maak dit ‘n uitdaging vir boere om daarvan te herstel.


“Vleispryse, wat die grootste faktor in die inflasiesyfer is, kan weens veldbrande en die skade daarvan selfs meer druk op die landbou veroorsaak as … bek-en-klouseer. ’n Beroep word op elke boer gedoen om voorsorg te tref vir die brandseisoen. 

“Maak seker van voldoende brandbane, sluit aan by landelike brandbestrydingsorganisasies en -optredes, maak seker van goeie brandversekering en diens jou brandbestrydingstoerusting gereeld, terwyl plaaswerkers ook opgelei word in die gebruik daarvan,” sê Maree.

Dis belangrik dat die publiek ook veldbrandsensitief moet wees en die nodige voorsorg moet tref om nie situasies te veroorsaak waar veldbrande ontstaan en so landbouers se risiko’s verhoog nie.

OFM Agri/Isabel van Tonder mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.