On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Miniatuurdonkies kan bydra tot diversiteit op plase

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Mon, 01 Sep 2025

Miniatuurdonkies kan bydra tot diversiteit op plase | News Article
Miniatuur donkies kan die diversiteit op plase verhoog. Foto verskaf

Miniatuurdonkies kan dalk net die antwoord wees om by te dra tot diversiteit op plase waar planne gemaak word om ’n ekstra inkomste te skep.

Diversiteit op ’n plaas kan heelwat vertakkings hê en ‘n rigting wat blyk baie suksesvol te wees is die teel van dié donkies. Miniatuurdonkies is klein, geharde diere wat gewild raak in Suid-Afrika en wêreldwyd, nie net as troeteldiere nie, maar ook vir terapeutiese doeleindes.

“Wat aanvanklik as ’n stokperdjie begin het, het gou verander in ’n volbloed-telery van miniatuurdonkies,” sê Angelique du Preez van die plaas La Rochelle in die Gariepdam-distrik. Die boerdery staan bekend as Collett Farming.


Die donkies is skaars in Suid-Afrika en duur om aan te koop. Dié gesin meen egter dit is die moeite werd om hulle aan te hou. Daar is juis ’n toenemende vraag na hierdie diere. Die miniatuurdonkies het ’n vriendelike, nuuskierige en liefdevolle temperament en wil baie liefde hê.

Met die vorige jaar se Nampo Alfa-uitstalling was daar aanvanklik onsekerheid oor die klein donkies se gedrag en aanpassing in die skou-omstandighede. Die diere het egter gou tuis gevoel en gemaklik met hul halters aan op die skouterrein geloop. Nampo Alfa vind hierdie jaar van 16 tot 18 Oktober op die Nampo-terrein in Bothaville plaas.

Miniatuurdonkies is 'n goeie vertakking vir diversiteit op die plaas. Foto verskaf

Sorg word aan die dag gelê om slegs die beste teelmateriaal te gebruik en volgens Du Preez word alle kopers van die miniatuurdonkies wat op dié plaas verkoop word, van ’n DNS-sertifikaat voorsien en ‘n mikroskyfie word ook ingeplant.

OFM Agri/Isabel van Tonder cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.