On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer: RPO ondersteun planne, maar het kwelvrae

───   ISABEL VAN TONDER 12:00 Thu, 04 Sep 2025

Bek-en-klouseer: RPO ondersteun planne, maar het kwelvrae | News Article
Die Rooivleisprodusente-organisasie vra indringende vrae oor die regering se planne om bek-en-klouseer te bekamp.

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat verwelkom die onlangse aankondiging deur die minister van landbou van maatreëls om bek-en-klouseer hok te slaan.

Die minister, John Steenhuisen, het kritieke ingrypings en maatreëls wat ingestel gaan word in ’n mediaverklaring aangekondig. Dit is daarop gemik om die aanhoudende uitbreking van bek-en-klouseer hok te slaan, veral in provinsies wat voorheen as vry van die siekte beskou is

Die RPO sê hy ondersteun veral die volgende maatreëls, wat insluit die plaaslike vervaardiging van entstowwe, die versterking van biosekerheidsmaatreëls en ’n nasionale naspeurbaarheidstelsel wat rooivleisuitvoer bevorder. 

Die organisasie ondersteun ook ’n progressiewe beheerstelsel en die samewerking tussen produsente en veeartsenybeamptes.

John Steenhuisen. Foto: X

Die RPO het egter dringende vrae ná die verklaring waaroor duidelikheid verlang word. Loslopende diere in gemeenskappe is byvoorbeeld ‘n situasie wat lei tot dubbele standaarde in wetstoepassing. 

Die RPO bevraagteken voorts die gebrek aan geografiese duidelikheid wat die rooisone of histories besmette areas betref, die afwesigheid van padblokkades en waarom die departement nie sulke blokkades as die eerste linie van verdediging beskou nie, veral tussen provinsiale grense soos tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal.

Indringende antwoorde geëis

Indringende antwoorde word ook vereis oor hoe die departement beplan om die virus te beperk indien entstofproduksie tans onvoldoende is. Die RPO wil weet of genoegsame mannekrag en veeartsenybeamptes voorsien kan word en wie hul koste sal dek.

Die minister word gevra om deursigtig te wees oor die oorsprong van die uitbreking in KwaZulu-Natal endringend strategieë te evalueer.

Die RPO het ook aanbevelings gemaak, soos vir ’n rooivleis-abattoir binne die bek-en-klouseer-beheerde rooisone in KwaZulu-Natal en die instel van padblokkades op die grense van geraakte provinsies, wat ook veediefstal kan bekamp.

Aanbevelings word gemaak om bek-en-klouseer te bekamp. Foto: Pixabay

Volgens die RPO in die Vrystaat verkeer rooivleisprodusente, van wie talle derde- en vierdegenerasie-stoettelers is, onder geweldige geldelike en operasionele druk weens die gebrekkige bestuur van ’n siekte wat wetlik onder staatsbeheer val. 

“Dit is ontstellend om te sien hoe ons produkte teen vyf keer die produsenteprys in winkels verkoop word, terwyl produsente steeds meer regulasies moet nakom sonder enige proporsionele ondersteuning of groei in hul marges. 

“Ons lewensbestaan ondersteun voedselsekerheid in Suid-Afrika en dra betekenisvol by tot plattelandse ekonomieë. Ons vra daar moet dringend en daadwerklik opgetree word om produsente en die bedryf te beskerm.”

OFM Agri cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.