Agriculture
Agri Securitas, skild vir plaasveiligheid─── ISABEL VAN TONDER 05:00 Tue, 16 Sep 2025

Plaasveiligheid bly een van die grootste uitdagings in Suid-Afrikaanse landbou. Die Agri Securitas Trustfonds speel ’n belangrike rol in die stryd teen misdaad en beveiliging.
Plaasveiligheid bly een van die grootste uitdagings in Landbou, Agri Securitas is ’n trustfonds wat deur georganiseerde landbou in 1998 tot stand gebring is met die doel om boere en plaasgemeenskappe by te staan in hul stryd teen misdaad. Die fonds fokus veral daarop om finansiële ondersteuning te bied vir veiligheidstoerusting en projekte wat gemeenskappe se weerbaarheid teen misdaad versterk.
“Veiligheid is lankal nie meer ’n ander persoon se verantwoordelikheid nie en die dae is getel wat ander mense jou moet beveilig, jy is verantwoordelik vir jou eie veiligheid en dié naby aan jou,” sê Cobus van Zyl, voorsitter van Agri Securitas. Plaasveiligheid gaan nie net oor die beskerming van eiendom en lewens nie, maar ook die beskerming van voedselsekerheid en die ekonomie van die land.
“Boerevereningings kan aansoek doen vir fondse om veiligheidsprojekte te finansier. Heelwat aansoeke word gesien vir nagsigtoerusting en hommeltuie in ’n poging om beveiliging te verskerp.
“Die geheim van beter veiligheid in die landbougemeenskap is betrokkenheid en goeie samewerking tussen bure en gemeenskappe,” sê Van Zyl. Agri Securitas is meer as net ’n trustfonds, dit is ’n instrument van hoop en samewerking.
Deur gesamentlike pogings en samewerking kan landbougemeenskappe ’n sterker front teen misdaad bied en so ’n beter landbou-omgewing skep. Besoek agrisecuritas.org vir meer inligting en getuigskrifte oor die uiters waardevolle rol wat dié organisasie speel.
OFM Agri mvh