Agriculture
Voedselprysinflasie daal effens ná beter oeste─── 06:00 Thu, 18 Sep 2025

Suid-Afrika se verbruikersvoedselprysinflasie het in Augustus 2025 effens gedaal na 5,2%, teenoor 5,5% in Julie. Dit is die eerste keer in ses maande dat daar ’n afname aangeteken is.
Volgens Wandile Sihlobo, hoofekonoom van Agbiz, was die vernaamste drywers van die verligting die pryse van graanprodukte, vrugte, neute en groente. “Die oorvloedige oeste begin nou in die winkelrakke deurwerk.”
Suid-Afrika se 2024/25 somergraan- en oliesaadoes word op sowat 19,55 miljoen ton beraam – 26% hoër as verlede jaar. Vrugte- en groenteproduksie toon ook ruim opbrengste.
#ZAInflation || Annual consumer price inflation eased to 3,3% in August from 3,5% in July. Softer food and fuel inflation took some of the heat off the headline rate.
— Statistics South Africa (Stats SA) (@StatsSA) September 17, 2025
Listen here for more: https://t.co/lwbDl15zMv#StatsSA #ZACPI #CPI #GovZAupdates pic.twitter.com/0pguNR7sZf
Vleispryse bly egter hoog, ondanks die hervatting van slagtings by groot voerkraalbedrywe. Sihlobo meen aanvanklike paniekaankope, eerder as ’n werklike tekort, het pryse aangejaag.
Hoewel die aanbod verbeter, bly vleis duur, wat dui op sterk verbruikersvraag en stadiger aanpassings by kleinhandelaars.
Die voedselsektor is die afgelope maande deur twee groot ontwrigtings geraak. Eerstens het ’n uitbreking van voëlgriep in Brasilië gelei tot tydelike invoerbeperkings op pluimveeprodukte, wat paniek in die plaaslike mark veroorsaak het.
Bek-en-klouseer lei tot paniekaankope
Tweedens het bek-en-klouseer tot kommer oor rooivleisvoorrade en verdere paniekaankope gelei. Invoerbeperkings is intussen opgehef, en slagtings het hervat, al bly die siekte ’n risiko wat uitvoermarktoegang beperk en plaaslik meer vleis beskikbaar stel.
Die algemene verbruikersprysinflasie het in Augustus tot 3,3% gedaal, vanaf 3,5% in Julie.
OFM Agri/verskaf ebk/mvh