On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Eerste aanlyn pluimveeskou in Suid-Afrika gehou

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Mon, 22 Sep 2025

Eerste aanlyn pluimveeskou in Suid-Afrika gehou | News Article
Die Malay Game Large wat eersdaags aan die eerste aanlyn pluimveeskou deelneem Foto verskaf

Die Aviomed-aanlyn pluimveeskou is ’n eerste vir Suid-Afrika en beloof om ’n geleentheid te wees met top nasionale en internasionale genetika.

Die AvioMed-aanlyn pluimveeskou, met die sluitingsdatum van 30 September, beloof ’n buitengewone skou te wees met topteelgenetika en baie belangstelling. Hoenders, ganse, swane en kalkoene kan ingeskryf word.

Die doel van die skou is om nuwe belangstelling te kweek en om mense die kans te gee om hulle pluimveegenetika, aan standaarde gestel deur topbeoordelaars, by die skou te meet. Bekende beoordelaars in die pluimveewêreld, 22 Suid-Afrikaanse en 3 oorsese beoordelaars, is betrokke by die aanlyn skou.


Daar is reeds sowat 18 rasse ingeskryf. Almal is welkom om in te skryf.

Na afloop van die skou kan diere wat vertoon is, aangekoop word op die Presite-veiling, aangebied deur Saartjie Odendaal, wat deelnemers die kans gee om topteelgenetika vir die nuwe teelseisoen te bekom.

Die AvioMed Pluimvee skou, oop vir almal. Foto verskaf

Borge betrokke by die aanlyn skou sluit in AvioMed, Delta Incubators en Avizandum. Watervoëls kan ook ingeskryf word, en “nuwe suiwer rasse” wat nog nie deur SASPO goedgekeur is nie, word toegelaat.

Hierdie nuwe rasse word deur ’n All Breeds-beoordelaar geëvalueer en daar sal ’n “Best New Breed” en “Reserve” toegeken word. Die wenner van die “Best in Breed American Serama” sal vroeg volgende jaar toegelaat word om aan die wêreldskou deel te neem.

Persone wat belangstel om deel te wees van die aanlyn skou, kan Zandri Erasmus kontak by 072 609 1590.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.