On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Vrystaat bek-en-klouseer-gevalle styg

───   ISABEL VAN TONDER 11:00 Fri, 19 Sep 2025

Vrystaat bek-en-klouseer-gevalle styg | News Article
Die aantal bek-en-klouseer-gevalle styg in die Vrystaat. Foto: Pexel.com

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat het bekend gemaak dat die aantal bek-en-klouseer-gevalle tot 30 gestyg het.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling het bevestig dat die getal bek-en-klouseer-gevalle in die Vrystaat tot 30 gestyg het. Tot op hede het die Vrystaate ses afsonderlike siekte-uitbrekingsgebiede oor vyf plaaslike Munisipaliteite geïdentifiseer:

  • Kroonstad-uitbreking (Moqhaka Munisipaliteit) – 9 gevalle
  • Viljoenskroon-uitbreking (Moqhaka Munisipaliteit) – 11 gevalle
  • Deneysville-uitbreking (Metsimaholo Munisipaliteit) – 1 geval
  • Cornelia/Frankfort-uitbreking (Mafube Munisipaliteit) – 6 gevalle
  • Heilbron-uitbreking (Ngwathe Munisipaliteit) – 2 gevalle
  • Odendaalsrus-uitbreking (Matjhabeng Munisipaliteit) – 1 geval

Die departement het die inenting van besmette plase as prioriteit verklaar. Inentings het onmiddellik begin in ’n poging om virale lading te verminder en verdere verspreiding van die virus te beperk.

Die aantal bek-en-klouseer gevalle het reeds tot 30 gestyg. Foto: Pexel.com

Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne ’n radius van 10 kilometer van die besmette plase. Die besmette plase is onder kwarantyn geplaas.

Die departement doen ’n beroep op boere, nywerheidsvennote en alle belanghebbendes om saam te werk om die verspreiding van hierdie siekte te stop. Dit sluit in die identifisering en voorkoming van enige onwettige beweging van diere uit gebiede onder toesig en die onmiddellike aanmelding van alle vermoedelike gevalle.

28 dae kwarantyn

In ooreenstemming met Staatskoerant, Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984) word alle boere, afslaers en spekulante versoek om die beweging van klougediertes streng te beperk en streng biosekuriteitsmaatreëls na te kom (Voertuie en toerusting ingesluit). 

Alle nuwe vee moet vir 28 dae in kwarantyn geplaas word, noukeurige rekords moet gehou word en enige vermoedelike gevalle moet onmiddellik by die Staatsveearts aangemeld word.

Vir Veeartsenydienste navrae, kontak Dr. Jurgens Barnard by ibfsvet@gmail.com.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.