Agriculture
Van eiers tot melk en vleis: Slakboerdery ‘winsgewend, ekovriendelik’─── ISABEL VAN TONDER 05:00 Tue, 07 Oct 2025

As ’n mens aan boerdery dink, dink jy nie noodwendig aan slakboerdery nie. Maar dié bedryf kan winsgewend én ekovriendelik wees.
Slakboerdery is ’n vertakking van die landbou wat dalk vreemd klink, maar ál gewilder word. Wat gewoonlik as ’n irritasie en pes beskou word, is vir Snails at 52 ’n winsgewende bedryf en bonoop ekovriendelik.
“Ek is absoluut passievol oor my slakke en het gesien dat slakke as boerdery bedryf kan word,” sê Lorraine Ackerman, stigter en eienaar van Snails at 52, noord van Pretoria.
“Slakke is veelsydig: ’n Mens kan die eiers gebruik, slakke melk en die vleis gebruik. My slakke word as skoonheidsmiddels en medisinale produkte gebruik, organiese kunsmis en veevoer. Niks gaan verlore van die slak nie.”
Die Helix Aspersa Maxima- en Helix Asersa Miller-slak word gebruik deur restaurante. Snails at 52 het onlangs ’n oes gehad van 15 t. ’n Voornemende boer kan met enige getal slakke begin boer. Opleiding word ook volledig verskaf, indien iemand belangstel om dié rigting te volg.
Lorraine Ackerman het 'n passie vir haar slakboerdery. Foto: Facebook
Volgens Ackerman is toewyding die enigste vereiste om met slakke te boer. “Soveel mense begin boer met slakke en los dit dan omdat die nodige passie ontbreek. Ek is van 2019 af betrokke en kan eerlik sê dat dit ’n winsgewende boerdery is.”
Voornemende boere kan Lorraine nader by 076 136 9095 of volg Lorraine Ackerman op Facebook.
• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.
OFM Agri cvs