On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Gevalle van bek-en-klouseer styg steeds in Vrystaat

───   ISABEL VAN TONDER 11:24 Fri, 10 Oct 2025

Gevalle van bek-en-klouseer styg steeds in Vrystaat | News Article
Bek-en-klouseer moet onmiddellik aangemeld word. Foto: Pexel

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling het bekend gemaak die aantal bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat is is nou meer as 40.

Daar is nou 42 gevalle in sewe afsonderlike gebiede. Dit strek oor vyf munisipaliteite.  

Daar is tien gevalle in Kroonstad (Moqhaka), 19 in Viljoenskroon (Moqhaka) een in Deneysville (Metsimaholo), sewe in Cornelia/Frankfort, twee in Heilbron, twee in Edenville en een in Odendaalsrus. 

Die departement fokus op die inentings op besmette plase en het onmiddellik begin om virale lading en verspreiding te beperk. Bewegingsbeperkings is ingestel op alle plase binne ’n radius van 10 km en die besmette plase is onder kwarantyn geplaas.

Daar is 42 gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat. Foto: Pexel

Die departement doen ’n beroep op boere, nywerheidsvennote en alle belanghebbendes om saam te werk om dié siekte te bekamp. Dit sluit in die identifisering en voorkoming van enige onwettige beweging van diere en die onmiddellike aanmelding van enige verdagte gevalle by die staatsveearts.

In ooreemstemming met die Staatskoerant No 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) word daar ’n beroep gedoen op alle boere, afslaers en spekulante om beweging van kloudiere te beperk, streng biosekuriteitsmaatreëls na te kom, nuwe vee vir 28 dae in kwarantyn te hou en akkurate rekords van alle vee te hou.

Die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie is ’n misdaad en dié maatreëls is van kritieke belang om die veebedryf te beskerm.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of Whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Agri/Isabel van Tonder 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.