Agriculture
Erkenning word gegee by SA Stamboek se geleentheid─── ISABEL VAN TONDER 05:00 Tue, 14 Oct 2025

Die jaarlikse groot geleentheid van SA Stamboek, die Trailblazer, vind plaas op 29 en 30 Oktober buite Bloemfontein.
Dit beloof uitstaande sprekers en gee ook erkenning aan die beste kleinvee, vleisbees en stoetboere. Verteenwoordigers van die groter bedryf en Trailblazer-telers en -stoeterye gaan die geleentheid bywoon.
Daar is ook toekennings soos die Logix goud en dubbel goud, asook Logix platinum, silwer, brons en meriete.
Slegs die top-10-kuddes, gegrond op die volledigheid van diereaantekening praktyke en doelgerigte seleksie, ontvang die Stamboek Elite dubbel goud en slegs 10% die Stamboek Elite Goud.
Die Logix Elite-kuddetoekennings dek die volle siklus van evaluering wat insluit evaluering en gewigte van vrugbaarheid, tot die gebruik van geneties meerderwaardige diere in die kudde om die volgende geslag te verwek.
Hierdie toekennings is gesog onder telers en gee erkenning aan volgehoue genetiese verbeteringe in elkeen se unieke stoet.
Vir nog inligting bel SA Stamboek by 051 410 0900.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.