On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Doelgerigte landboutoerusting sleutel tot suksesvolle boerdery

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Wed, 15 Oct 2025

Doelgerigte landboutoerusting sleutel tot suksesvolle boerdery | News Article
Tal-tec-toerusting is doelgemaak volgens boere se behoeftes. Foto: Facebook

Sukses in landbou word makliker bereik wanneer doelgerigte toerusting gebruik word en Tal-Tec voorsien in al die boer se behoeftes.

Doelgerigte toerusting is noodsaaklik in elke boerdery, en Tal-Tec maak erns daarmee om presies die regte toerusting te verskaf, pasgemaak vir elke behoefte. Tal-Tec, wat in 1970 gestig is, se leuse is “Farm smarter, not harder!”. 

Die onderneming se dryfveer is nie net kwaliteit en presisie nie, maar ook ’n diep begrip van boerdery in Afrika en ’n passie om boere met die regte toerusting te bemagtig.

Die maatskappy spesialiseer in lewendehawe-, voer- en algemene plaastoerusting. Hierdie jaar word alle hekke, ringe en toerusting in die vee-afdeling by NAMPO Alfa deur Tal-Tec voorsien.

“Toerusting moet aan verskeie behoeftes voorsien, en so ook ons voertoerusting,” sê Thys Ingwersen van Tal-Tec. “Dis belangrik om vermorsing te verminder en om te weet wat die boer se spesifieke behoeftes is. Ons het ’n groot reeks produkte beskikbaar.”

Een van die belangrikste faktore, sê hy, is kraalontwerp. Baie stres en beserings vind plaas wanneer die ontwerp nie vloeiend of doeltreffend is nie.

Uniek en innoverend

“Ons het ’n wye reeks dipstowwe beskikbaar wat aangepas is vir verskillende dipmetodes. Weerstand teen bosluise en steekvlieë neem toe en effektiwiteit verminder, daarom moet die regte metodes gevolg word,” verduidelik Ingwersen. 

“Dis vir ons belangrik om uniek en innoverend te wees en ons hoofdoel is om doelgemaakte produkte en toerusting te verskaf.”

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.