On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Steenvrugte kan nou na China uitgevoer word

───   ISABEL VAN TONDER 12:52 Wed, 15 Oct 2025

Steenvrugte kan nou na China uitgevoer word | News Article
Perskes mag nou uitgevoer word na China danksy ’n handelsooreenkoms Foto: Pexel.com

Die minister van landbou en landelike ontwikkeling het ’n geskiedkundige handelsooreenkoms met sy Chinese eweknie onderteken. Suid-Afrikaanse steenvrugte kan voortaan daarheen uitgevoer word.

John Steenhuisen en Sun Meijun het die Algemene Administrasie van Doeane in Sjanghai onderteken. Die ooreenkoms open die Chinese mark vir die eerste keer vir vyf soorte steenvrugte: appelkose, perskes, nektariens, pruime en gedroogde pruime.

Dit is die eerste keer dat China toegang onderhandel het vir verskeie soort steenvrugte van ’n enkele land onder ’n enkele ooreenkoms.

Gedroogde pruime vorm deel van die nuwe uitvoerooreenkoms Foto: Pexel.com

“Dis ’n groot deurbraak vir Suid-Afrikaanse vrugteprodusente en uitvoerders op ’n tyd wanneer diversiteit noodsaaklik is vir ons landbou. Hierdie protokol is deel van ’n breër strategie om Suid-Afrikaanse landbou minder afhanklik van binnelandse inkomste te maak,” sê Steenhuisen.

Die opening van die Chinese mark kan na raming ongeveer R400 miljoen vir Suid-Afrika ontsluit oor die volgende vyf jaar, ’n bedrag wat na verwagting sal verdubbel oor die volgende tien jaar. Die eerste uitvoerseisoen van 2025/26 kan sowat R28 miljoen oplewer en R54 miljoen in 2026/27. 

China se invoer van perskes en pruime groei vinnig; verlede jaar het pruime 20 miljoen kartonne beloop.

600 nuwe werksgeleenthede

Die opening van die Chinese mark aan Suid-Afrikaanse produsente sal die geleentheid bied om meer oeste teen volhoubare pryse uit te voer. Die sterker vraag in China sal markgroei aandryf.

Sowat 350 direkte werksgeleenthede op plase en in pakhuise kan geskep word en nagenoeg 600 nuwe werksgeleenthede wanneer verwante bedrywe soos vervoer en verpakking ingesluit word.

Steenhuisen het die hervatting van beesvleisuitvoer uit sekere Suid-Afrikaanse streke bespreek met Meijun, asook die vordering met betrekking tot bek-en-klouseer. 

Moontlikheid vir kersie-uitvoere

Hy het ook ’n tegniese span van die GACC (Chinese doeaneadminisrasie) genooi om Suid-Afrika tydens die huidige oesperiode van kersie, bloubessieboorde en pakhuise te besoek. Indien die inspeksie vlot verloop, sal Suid-Afrika waarskynlik kersie-uitvoere kan doen.

Die minister het ook handelsvennote aangemoedig om gebruik te maak van die wêreldklas Shanghai Freight Services-netwerk, wat vinnige en betroubare aflewering van Suid-Afrika na China kan verseker.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.