On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Noordwes-boer aangewys as nuwe AgriSA-president

───   08:19 Fri, 17 Oct 2025

Noordwes-boer aangewys as nuwe AgriSA-president | News Article
Willem de Chavonnes Vrugt. Foto verskaf

’n Veeboer van Setlagole in Noordwes is as AgriSA se nuwe president verkies.

AgriSA het aangekondig Willem de Chavonnes Vrugt is op die organisasie se jaarlikse kongres wat dié week in Pretoria plaasgevind het, gekies om die uittredende president, Jaco Minnaar, op te volg. Hy bring jare se ervaring in landbouleierskap, beleidsbeïnvloeding en strategiese bestuur na die rol, sê AgriSA in ’n verklaring. Derek Matthews, ook van Noordwes, dien as vise-president.

In sy aanvaardingsboodskap het De Chavonnes Vrugt sy verbintenis tot samewerking en innovasie in die sektor beklemtoon.

“Ons moet verenig staan – boere, landbou-ondernemings en die regering – om veerkragtigheid te bou, nuwe geleenthede te ontsluit en gestalte te gee aan ’n toekoms wat sowel mense as die landbou-ekonomie in stand hou.”

AgriSA sê onder sy leiding sal die organisasie voortgaan om sy missie te bevorder om ’n volhoubare, mededingende en inklusiewe landbousektor te verseker. 

Die organisasie het ook sy waardering uitgespreek teenoor afgevaardigdes en geaffilieerdes wat aan die kongres deelgeneem het, en sy dank betuig aan die uittredende leierskap vir hul toegewyde diens aan AgriSA se doelwitte.

Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.