On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Veediefstalsyfers bly sensitiewe onderwerp

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Tue, 21 Oct 2025

Veediefstalsyfers bly sensitiewe onderwerp | News Article
Veediefstal wat nie aangemeld word nie veroorsaak ’n probleem met geloofwaardige statistieke Foto: Pexel.com

Met die onlangse bekendmaking van veediefstalsyfers is gegis dié syfers is moontlik onakkuraat. Die syfers wat die minister van polisie bekendgemaak het, is egter aangemelde sake. Dis hier waar die verwarring ontstaan.

“In 2016 het Agri SA die Buro vir Marknavorsing van Unisa genader om ’n studie te doen oor misdaad in die landbousektor,” sê Isabel Kruger, veiligheidsverteenwoordiger en veediefstalspesialis by Vrystaat Landbou. In die navorsing is bevind ongeveer 70% van kommersiële landbouers was deel van die misdaadstatistiek in verskeie afdelings. 

Boere was die slagoffers van:

  • Veediefstal, 52,8%
  • Infrastrukture op die plaas, 32,1%
  • Plaastoerusting en gereedskap, 22,66%
  • Roof, 22,52%
  • Diefstal van graan, 22,08%


’n Derde van landbouers het ’n toename ervaar in die laaste drie jaar. 

“In 2024 is navorsing gedoen en dit blyk sleg 24,5 landbouers rapporteer sake by die polisie. Slegs 30% van landbouers meld veediefstalsake aan.

“Die grootste rede hiervoor is dat daar nie ’n goeie verhouding is tussen die SAPD en landbouers nie. Die polisielede is ook oorwerk en daar is ook geen vertroue in die NVG en die vervolging van misdadigers nie.

Tekort aan staatsaanklaers

 “Daar is ook ’n tekort aan goeie staatsaanklaers by veediefstalsake. ’n Groot probleem is dat boere steeds nie diere brandmerk en tatoeëer ingevolge die Wet nie,” sê Kruger

Die aangemelde syfers vir die vierde kwartaal van die jongste boekjaar vir Suid-Afrika is 5 671. Dit verteenwoordig 557 minder sake as in 2023/24 en dui op ’n afname van 8,9% Die meeste sake is in Oos-Kaap aangemeld (1 628), gevolg deur KwaZulu-Natal (1 188) en Noordwes (632).

Die Vrystaat se veediefstalsake dra 10,6% by tot die Suid-Afrikaanse aanmeldingsyfer.

Vee wat nie behoorlik gemerk is nie, dra by tot die veediefstalprobleem Foto: Pexel.com

“Die Vrystaat het in die vierde kwartaal van 2024/2025, 601 veediefstalsake aangemeld by die polisie, 121 sake minder as die vorige jaar, dit dui dus op ’n daling van 20.13%. Die distrik in die Vrystaat wat die meeste diefstalsake aangemeld het, is Thabo Mofutsanyana (Oos-Vrystaat) met 219 sake. 

“Die enigste distrik wat ’n toename toon, is Mangaung met 27 sake,” sê Kruger.

Seloshesa en Dewetsdorp se veediefstalsake het toegeneem, terwyl Harrismith en Tseseng gedaal het. Selosesha is 23ste van die top-30-polisiekantore landwyd wat aangemelde sake aanbetref. 

Grensdorpe rondom Lesotho

In die vierde kwartaal is die totale aangemelde syfer van die grensdorpe rondom Lesotho (17 polisiestasies) 151 wat 25% uitmaak van die Vrystaat se aangemelde veediefstal syfer vir die periode.

“Die dorpe wat saam met die 7 grensdorpe en die top 4 onder die top 20 polisiestasies val vir aanmelding is Bultfontein, Mafube, Ventersburg, Senekal, Theunissen en die Trust areas by Seloshesha/Thaba-Nchu en Botshabelo.”

Die polisieminister het in 2019/2020 syfers bekendgemaak (jaarliks) oor die getal diere wat gesteel is in veediefstalsake. Sedertdien word veediefstalsyfers kwartaalliks uitgereik. 

Toename in getal diere gesteel

“Dit is kommerwekkend dat, hoewel veediefstal aangemelde sake daal, die getal diere wat gesteel word, geweldig toeneem. Daar is nagenoeg 95 000 stuks vee meer gesteel in die nuwe finansiële jaar 2024/25.

 “Dit beteken dat ’n kwartmiljoen diere gesteel is wat definitief nie by die polisie aangemeld is nie. Daar is ook geen aanduiding van die polisie oor hoeveel van die diere wat gesteel is, teruggevind is nie,” sê Kruger.

Die getal diere gesteel in 2019 teenoor die getal diere gesteel in 2024/5:

Vee
2019
2024/25
Skape
62 923
80 605
Beeste
39 115
60 645
Boerbokke
31 344
55 055
Hoenders
14 599
42 694
Varke
1 217
2 946
Perde
1 237
1 326
Donkies/Muile
0
565
Wild
128
190

150 574
244 792


Die top-30-polisiekantore wat veediefstalaanmeldings betref, is op die platteland, wat wys boere is die teiken van georganiseerde veediefstalsindikate.

Die aanmeld van veediefstalsake is van kardinale belang, geen aanmelding dui op geen misdaad. Die belangrikste boodskap is dat diere gemerk moet wees, dit maak opsporing en hofsake makliker.

Die roete wat gevolg moet word in ongemerkte diere is DNS-toetsing wat baie lank kan neem in sommige gevalle.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.