On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Tradisie én vernuwing floreer aan Merensky Landbou Akademie

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Mon, 27 Oct 2025

Tradisie én vernuwing floreer aan Merensky Landbou Akademie | News Article
Die Merensky-landbouakademie is ’n skool van uitnemendheid. Foto: Jeandri van Wyk

Die Merensky Landbou Akademie buite Tzaneen in Limpopo is in 1936 gestig en het oor byna 90 jaar ontwikkel tot ’n toonaangewende instelling met meer as 1 300 leerders.

Tradisie en moderne onderwys loop hand aan hand by die skool. Sy leuse is ’n raak beskrywing van sy strewe: Labor et conserva, oftewel werk en bewaar. 

Jong mense leer harde werk, dissipline en respek vir die natuur bou hul toekoms. Eindelik word dit ’n lewensfilosofie.

“Akademies bied ons ’n sterk kurrikulum wat uitstekende prestasies lewer, maar wat Merensky besonders maak, is die balans tussen akademie, kultuur, sport en landbou-onderrig,” sê Jeandri van Wyk, onderwyseres. 


“Die leerders neem jaarliks deel aan nasionale kompetisies in wetenskap, entrepreneurskap, musiek en sport. Die leerders presteer konsekwent onder die beste in die land.”

Merensky bied ook verskeie sportsoorte aan soos rugby, hokkie, atletiek, swem en bergfietsry en is ’n krag om mee rekening te hou. “Vir die leerders gaan dit nie net oor wen nie, maar ook karakterbou, spanwerk en trots”.

Die kultuurafdeling, met aktiwiteite soos musiek, drama, debat, eisteddfod en Radio Merensky, bied elke kind ’n platform om sy kreatiwiteit uit te leef.

Leerders neem deel aan die jeugparade ten tyde van die NAMPO Alfa Ekspo. Foto:  Jeandri van Wyk

As landbouskool word die roeping daagliks uitgeleef om jong mense uit alle uithoeke van die land op te lei oor diere, tegnologie en volhoubaarheid. 

Die filosofie word ook gehandhaaf dat leerders nie net ’n graad verwerf nie, maar ook ’n lewensfilosofie van trots, die belang van herkoms en hoe ’n verskil gemaak kan word.

 Die Merensky-landbouakademie is nie sommer net ’n skool nie, dit is ’n gemeenskap, familie en ’n leefwyse, sê Van Wyk.

Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.