On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Hoofseun (17) trap reeds diep landbouspore

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Thu, 30 Oct 2025

Hoofseun (17) trap reeds diep landbouspore | News Article
Diederik Lotter, ’n jong man wat landbou en die pligte van hoofseun balanseer. Foto: Isabel van Tonder

’n Leerder (17) aan die Hoërskool President Steyn wou altyd ’n boer wees, en dis inderdaad wat hy nou met groot sukses doen.

Diederik Lotter, van Hooglied Boerdery, is ’n suksevolle landbou-entrepreneur, wat weekliks in stalletjies en op ander geleenthede van sy vars groente en ander produkte verkoop. Hy boer ook met vee en hoenders op die familieplaas.

Diederik se liefde vir landbou het diep wortels. Sy ma en oupa het hom leiding gegee en sy liefde daarvoor gekweek.

Aanvanklik was sy groentetuin net vir huishoudelike gebruik, maar hy het besluit om kommersieel te begin verbou. Lotter se onderneming, Hooglied Boerdery, se naam is afgelei van die familieplaas s’n.

Hy het begin met 15 x 35 m (sowat 525 m²), maar het nou al ’n volle hektaar onder groente, amper 20 keer soveel.

Diederik is intussen ook verkies tot hoofseun van die Hoërskool President Steyn vir 2026. “Dit is  ’n uitdaging om die balans te vind tussen boerdery en die groot taak van hoofseunskap,” vertel hy. “Maar ek glo in goeie tydsbestuur. Ek beplan elke week my rooster sodat ek aan alles genoeg tyd bestee.”

Sy raad aan ander jong mense wat wil begin boer? Begin net! “Moenie uitstel nie, al misluk dit, dan probeer jy weer.”

Landbou sal altyd ’n toekoms hê, want dit is nodig vir oorlewing. “Begin klein, maar begin net!” herhaal hy.

Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder cvs

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.