On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Sappi bewys hout is wondervesel van toekoms

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Mon, 24 Nov 2025

Sappi bewys hout is wondervesel van toekoms | News Article
Houtvesel is deel van ons alledaagse produkte. Foto: Sappi

Wanneer dit volhoubaar gebruik word is hout en die neweprodukte daarvan veelsydig en hernubaar en ’n onontbeerlike deel van die alledaagse lewe.

Elke dag kom miljoene mense in aanraking met produkte wat van bome gemaak is en dikwels sonder om dit te besef. Hout word dikwels ook gevind in produkte soos verpakking, tekstiel, skoonheidsmiddels en voedselprodukte.

Danksy die vooruitgang in bosbou en tekstielwetenskap groei die rol wat houtprodusente daagliks speel in mense se alledaagse lewe.

Een van dié produsente is Sappi ’n wêreldwye vervaardiger van houtveselgebaseerde material. Dié maatskappy herdefinieer voortdurend sy rol in die bio-ekonomie deur sy produkreeks uit te brei verder as net byvoorbeeld tradisionale papier.


Met bedrywighede in Suid-Afrika, Europa en Noord-Amerika is die maatskappy se transformasie gegrond op ’n strategiese verbintenis tot innovasie en verantwoordelike bosbou. “Sappi is en sal altyd ’n papiermaatskappy bly, maar ons produkte en newe-produkte is kernbelangrik,” sê André Oberholzer, groephoof van korporatiewe sake.

“Bome is die basis van ons ekonomie; jy plant hom, gebruik hom en hy groei weer. Die waardeketting bly loop. Daar behoort nie meer plastiek in jou kaste te wees nie; plastiek kan vervang word deur natuurlike bestanddele.”

Produkte waarin Sappi se houtvesel gebruik word, sluit in joghurt, tandepasta, seep, skoonheidsmiddels, industriële suiker en dierekos. “Die hele boom het vir ons waarde en die afvalprodukte wat oorbly ná verwerking word gebruik vir brandstofenergie.”

Deurlopende navorsing word gedoen om volhoubaar en omgewingsvriendelik te wees. Foto: Sappi  

Die middelpunt van Sappi se bedrywighede is meer as 400 000 ha volhoubaar bestuurde plantasies in Suid-Afrika. Dié boomplase word ingevolge internasionale standaarde gesertifiseer en doelgerig vir nywerheidsgebruik verbou. Plantasiebosbou speel ’n belangrike rol in koolstofsekwestrasie, biodiversiteitsbeskerming en landelike werkverskaffing.

Deur fotosintese absorbeer Sappi se boomplase koolstofdioksied en stel dit suurstof vry met koolstof wat lank ná die oes steeds in houtgebaseerde produkte geberg word. Herwinning verleng die koolstofbinding verder en versterk die omgewingswaarde van papier en verpakking.

Produkte wat hout bevat 

  • skoonheidsmiddels;
  • tekstiel;
  • vitamiene en farmaseutiese produkte
  • dierevoer;
  • stofonderdrukkers (word gebruik in mynbou en padonderhoud);
  • plastiseerders vir beton (wat die vloei-eienskappe van beton verbeter);
  • bio-olies; en
  • kunsmisstowwe.

Enigiets wat van plastiek of ander fossielbrandstof-afgeleide materiale gemaak word, kan van hout gemaak word.

Sappi se boomwoude in Mpumalanga. Foto: Sappi 

Benewens sy verantwoordelike bosboubestuurspraktyke werk Sappi aktief daaraan om sy afhanklikheid van fossielbrandstowwe te verminder en die vrystellingsintensiteit van sy produkte te verlaag.  

“Sappi se bosboumodel is ook van maatskaplike waarde. Deur die waardeketting te handhaaf ondersteun die maatskappy duisende mense op die platteland se bestaansmiddele van wie baie kleinskaalse houtverskaffers of werknemers is. Ons help hulle om volwaardige boomboere te word,” sê Oberholzer.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.