On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Gevalle van bek-en-klou in Vrystaat styg steeds

───   ISABEL VAN TONDER 19:16 Fri, 21 Nov 2025

Gevalle van bek-en-klou in Vrystaat styg steeds | News Article
Meer gevalle van bek-en-klouseer is in die Vrystaat aangemeld. Foto:Pexel

Daar is nou 106 bevestigde gevalle van bek-en-klouseer.

In die omgewing van Viljoenskroon/Vredefort, Parys, Deneysville/Sasolburg is 15 nuwe gevalle geïdentifiseer. Die departement van landbou en landelike ontwikkeling het die inenting van beeste in die gebiede geprioritiseer en bykomende entstowwe is bekom.

Beperkings op bewegings is ingestel op alle plase binne ’n radius van 10 km van die besmette gebiede om verdere verspreiding te voorkom.

Gevalle per munisipaliteit

  • Kroonstad: tien
  • Parys/Vredefort:15
  • Viljoenskroon/Vredefort: 45
  • Deneysville/Sasolburg: 17
  • Cornelia/Frankfort: agt 8
  • Heilbron: twee
  • Odendaalsrus: een
  • Bothaville twee
  • Edenville: vier 
  • Marquard: een
  • Clocolan: een

In ooreenstemming met die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk, streng biosekuriteitsmaatreëls te volg, enige nuwe vee vir 28 dae te isoleer, akkurate rekordhouding te hou en enige verdagte gevalle onmiddellik aan die staatsveearts te rapporteer.

Inenting van beeste is 'n prioriteit om die siekte te bekamp. Foto: Pexel

Die departement herinner boere ook daaraan die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie is ’n misdaad.

’n Beroep word ook op boere en belanghebbendes gedoen om hul samewerking te gee in die bekamping en verspreiding van die siekte.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.