Agriculture
VL bekommerd oor internasionale kommentaar─── ISABEL VAN TONDER 13:32 Fri, 28 Nov 2025
Vrystaat Landbou (VL) neem kennis van buitelandse kommentaar oor menseregte, landelike veiligheid en beleidsonsekerheid.
Internasionale uitsprake oor Suid-Afrika wys die wêreld hou Suid-Afrika se beleidskeuses en optrede fyn dop. Vrystaat Landbou (VL) neem kennis van opmerkings oor die situasie in Suid-Afrika, veral oor landelike veiligheid, die behandeling van boere, en die breër beleidsomgewing wat eiendomsreg en grondhervorming betref.
Francois Wilken, VL-president, sê plattelandse gemeenskappe in die Vrystaat en landwyd leef saam met ’n voortdurende bedreiging van ernstige misdaad, waaronder plaasaanvalle. Dié misdade raak boere, werkers en gesinne van alle agtergronde en ondermyn die land se vermoë om voedsel te produseer.

Vrystaat Landbou neem kennis van buitelandse kommentaar oor landelike veiligheid. Foto: Pexel
Landelike veiligheid mag nie ’n politieke speelbal mag word nie, maan hy; dit is ’n menseregtekwessie, en die regering het ’n plig om sy burgers te beskerm. Hy vra die regering moet duidelikheid en sekerheid te bied.
“Onverklaarde bedreigings van onteiening sonder vergoeding skep onsekerheid wat ver buite die land se grense gehoor word.”
Volgens Friedl von Maltitz, VL-adjunkpresident, voeg by die organisasie meen Suid-Afrika se deelname aan wêreldforums soos die G20 is lewensbelangrik vir handel, belegging en ekonomiese stabiliteit. Enige optrede of nalating wat die land se posisie in hierdie strukture benadeel, behoort met uiterste erns benader te word.
‘Die regering moet dringend landelike veiligheid as ’n prioriteit te behandel’
“Suid-Afrikaanse boere, onder wie dié in die Vrystaat, dra die land se voedselsekerheid op hul skouers,” meen Von Maltitz. “Hulle weerstand teen misdaad, ekonomiese druk en beleidsonsekerheid is bewonderenswaardig. Dit eis egter sy tol: finansieel en emosioneel.”
Vrystaat Landbou vra die regering moet dringend landelike veiligheid as ’n prioriteit te behandel, en buitelandse vertroue herstel deur konsekwente grondwetlike optrede en opbouende samewerking met georganiseerde landbou te bevorder.
“Ons sal steeds die belange van boere en landelike gemeenskappe beskerm, en ’n gesonde, volhoubare en vreedsame landelike omgewing bevorder,” beloof Von Maltitz.
• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

