Agriculture
Gevalle van bek-en-klouseer in Vrystaat neem toe─── ISABEL VAN TONDER 09:00 Sun, 11 Jan 2026
Daar is tans 194 bevestigde gevalle van die veesiekte, bek-en-klouseer.
Minstens 45 nuwe gevalle is in verskeie munisipale gebiede geïdentifiseer. Die departement van landbou en landelike ontwikkeling het die inenting van beeste in die gebiede geprioritiseer en nog entstowwe is bekom.
Bewegingsbeperkings op alle plase binne ’n radius van 10 km in die besmette gebiede is ingestel sodat die siekte nie verder versprei nie.

Behoorlike navolging van biosekuriteit is almal se verantwoordelikheid. Foto: Pexel
Gevalle per munisipaliteit
- Kroonstad: tien
- Viljoenskroon/Vredefort: 50
- Edenville: ses
- Heilbron: drie
- Parys/Vredefort: 26
- Deneysville/Sasolburg: 40
- Cornelia/Frankfort: 19
- Tweeling: drie
- Bethlehem: drie
- Reitz: drie
- Vrede/Memel: elf
- Warden: drie
- Qwa Qwa/Harrismith: twee
- Odendaalsrus: twee
- Bothaville: drie
- Marquard: agt
- Clocolan: agt
- Senekal: een
In ooreenstemming met die Staatskoerant Nr. 51512 van 13 Junie 2025 en die Dieresiektewet (Wet 35 van 1984) doen die departement ’n beroep op alle boere, afslaers en spekulante om die beweging van gehoefde diere te beperk.
Streng biosekuriteitsmaatreëls moet gevolg word en nuwe vee moet vir 28 dae in afsondering gehou word. Hou akkuraat rekord van die vee en meld enige verdagte gevalle onmiddellik by die staatsveearts aan.
Dit is ’n misdaad om diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie te vervoer. Die departement vra vir volle samewerking van die veebedryf om die siekte en verspreiding te beperk.
• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

