On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

RPO bekommerd oor bek-en-klouseer

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Tue, 13 Jan 2026

RPO bekommerd oor bek-en-klouseer | News Article
Tierhart-sindroom, wat ook sterftes onder kalwers veroorsaak, is ’n reuseprobleem. Foto: Pexel

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is erg bekommerd oor die bek-en-klouseer (BKS) wat tans soos ’n veldbrand versprei.

Die ministeriële taakspan hou vergaderings en maak planne, sê hy, maar daar is steeds nie entstof nie en dikwels word die planne nie met die bedryf gedeel nie. Geen bevestiging is nog ontvang dat die Botswana Vaccine Institute (BVI) se entstof teen einde Januarie in Suid-Afrika sal wees. 

Die bal is glo aan die rol om ook van ander verskaffers in te voer soos die Turkse entstof Dollvet. Wanneer dit egter sal gebeur, is onseker.

Die RPO is erg bekommerd oor die BKS-situasie in die land. Foto: Pexel

Die plan om die hele land se veekudde in te ent, lyk hoogs problematies en produsente is moedeloos en ly katastrofiese verliese. Die vrektes van jong kalwers wees Tierhart sindroom (Tiger Heart Syndrome) is kommerwekkend, sê die RPO. 

Lakterende koeie kry erge mastitis en volwasse diere bly lê, want hulle is so kruppel dat hulle nie kan staan of loop nie. Melkerye wat ses weke terug geënt het , het nou die virus opgetel en ondanks die inenting is daar reuse verliese in produksie en vrektes. 

Daar is ook reeds bevestigde gevalle by varkplase en daar is geen goedgekeurde entstof vir varke in Suid-Afrika nie.

Wat staan die produsent te doen?

Bek-en-klouseer is ’n staatsbeheerde siekte, maar die situasie het handuit geruk, meen die RPO. Die siekte dwing die hele bedryf op sy knieë te en oplossings kom te stadig.

Hoewel die RPO nie aan boere kan voorskryf hoe om boerderye te bestuur nie, is die dringende versoek om biosekerheidsmaatreëls so streng moontlik toe te pas en kliniese tekens aan te meld. Brandpunte waar die virus voorkom, sal waarskynlik eerste die entstof bekom; daarom is aanmelding noodsaaklik.

Twee opsies is moontlik om bek-en-klouseer doeltreffender hok te slaan, sê die RPO. Die een is samewerking om so gou moontlik ’n oplossing te kry en die ander is om die departement hof toe te sleep en hom te dwing om in te gryp.

BKS is buite beheer, volgens RPO. Foto: Pexel

Die RPO steun samewerking. Die nodige druk sal steeds toegepas word en die nodige vrae sal steeds gevra word aan die departement.

Die RPO is deel van die rooivleis- primêre groepering en die Rooivleisbedryfsdienste. Die rooivleis- statutêre heffing word sover moontlik aangewend om oplossings vir die probleme te kry.

Die RPO is ’n organisasie wat uit produsente bestaan. Die besluite word deeglik bedink en geneem om lede se belange te bevorder, sê hy.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.