On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Mosselbaai-krisis: stof, vlamme en hoop

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Wed, 14 Jan 2026

Mosselbaai-krisis: stof, vlamme en hoop   | News Article
Droogte en brande teister Mosselbaai en omgewing. Foto: Facebook

Boere in die Mosselbaai-gebied het te kampe met ernstige uitdagings weens aanhoudende droogtetoestande en veldbrande.

Die gebrek aan reënval benadeel weiding, gewasproduksie en waterbeskikbaarheid, terwyl die brande veeverliese, weidingsverliese, infrastruktuur en natuurlike hulpbronne inhou. “Daar word gesê dat hierdie droogte die ergste is wat die streek nog beleef het in 125 jaar, dit is bitterlik droog en daar is ’n tekort aan geld en water,” sê Leon van Dyk, lid van die burgemeesterskomitee vir gemeenskapsveiligheid.

Damvlakke is tans ongeveer 60%, en waterbeperkings is pas ingestel omdat die damvlakke minder is na grootmaat water gebruik is om die brande te bestry. Brande het begin by Hartland en Alwyndal.


“Daar is enorme skade aangerig deur die brande. Elf strukture is afgebrand in Vogelsang en Island View, maar dit blyk nader aan 35 te wees omdat ons nog besig is om skadebepalings te doen.

“Daar is in die omgewing van 24 km² afgebrand; dit is so 2 100 ha weidingsveld en natuurlike omgewing. Ons het opgehou tel aan die hoeveelheid diere wat ons verwyder het, dis net te veel om by te hou,” sê Van Dyk.

Die groot bekommernis is die wintermaande wat voorlê; en daar is geen voer vir die boere se vee nie. Wildboere ondervind erge probleme omdat wild nie in kampe ingejaag kan word of in kampe en krale kan roteer nie.

Almal het saamgestaan om die Mosselbaai brande te blus, die diere was die kwesbaarste. Foto: Leon van Dyk

“Boere moet tans keuses uitoefen om watter diere gehou word en watter nie, dis angswekkend en treurig,” sê Van Dyk.

’n Fonds is gestig om klere en meubels in te samel vir die mense wat alles verloor het. “Dis absolute genade dat daar geen lewensverliese was nie, drie brandweermanne is beseer, ook een lid van die publiek wat in ’n molshoop met gloeiende kole getrap het en derdegraadse brandwonde opgedoen het.”

Die droogte veroorsaak groot veeverliese en  die wintertyd wat voorlê, maak boere benoud. Foto: Leon van Dyk

Daar is baie genade-stories, van 35 privaat bakkies wat gelyktydig vuur spuit, tenkers, samewerking tussen alle betrokkenes en kos vir die personeel aan diens, kapelane en dokters wat dienste aanbied, padskrapers, bossiekappers en ondersteuning van die plaaslike gemeenskap.

Temperature van 28 °C en meer, wat buitengewoon hoog is, word tans op en om dié kusdorp ervaar, asook erge winde van tot 57 km/h.

“Ons lewer ’n ernstige pleidooi aan elke boer wat kan help met veevoer, ons het groot nood,” sê Van Dyk. “Ons het ’n groot krisis op hande. Enige skenkings is broodnodig en kan die plaaslike munisipaliteit geskakel word daaroor of myself.”

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.