On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Nuwe minimumloon kan ekonomie verder pootjie

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Thu, 15 Jan 2026

Nuwe minimumloon kan ekonomie verder pootjie | News Article
Die voorgestelde minimumloon kan ernstige gevolge vir die ekonomie inhou. Foto: Pexel

Die Nasionale minimumloonkommissie het ‘n verhoging van die minimumloon voorgestel en dit kan ernstige verdere gevolge vir die ekonomie inhou.

TLU SA waarsku nog verpligte loonverhogings in die huidige ekonomiese klimaat kan werksverliese, meganisering en armoede vererger, veral in landbou en klein ondernemings. Die minimumloon van R28,79 per uur word reeds betaal binne ’n ekonomie wat sukkel om te groei, sê die orgamisasie. 

Suid-Afrika se BBP-groei is na raming sowat 1,9%; ver onder die vlak wat nodig is om betekenisvolle werkskepping en ekonomiese herstel te ondersteun. Groei word ook ondermyn deur die energiekrisis, stygende insetkoste, korrupsie, beleidsonsekerheid en ’n staat wat toenemend nie daarin slaag om ’n sakeklimaat te skep nie, meen hy.

Meer werkskepping is nodig in die land om die ekonomie se kop op te tel. Foto: Pexel

“Die regering se primêre taak is om ’n omgewing te skep waarin ondernemings winsgewend kan funksioneer,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Sonder wins is daar geen belegging, geen uitbreiding en geen nuwe werksgeleenthede nie.

“Wanneer die staat toenemend in produksiefaktore inmeng, veral deur loonvasstelling, word presies daardie groei ondermyn wat nodig is om armoede en werkloosheid aan te spreek.”

Werkloosheid bly op ’n “krisisvlak” van 33,9%. In só ’n konteks het elke beleidsbesluit verreikende gevolge, voeg Van Zyl by. 

TLU SA meen daar is geen ruimte vir verdere verhogings in die minimumloon nie. Foto: Pexel

“Wanneer arbeidskoste bo produktiwiteit en ekonomiese realiteite styg, word ondernemings gedwing om arbeid te vervang met meganisasie, herstrukturering of afleggings.”

’n Stelsels wat beoog om werkers te beskerm, maar terselfdertyd werkskepping te vernietig, baat niemand. “Dit is beter om meer mense in werk te kry teen volhoubare lone, as om minder mense teen administratief opgelegde vlakke in diens te hou terwyl miljoen uitgesluit bly,” sê Van Zyl.

TLU SA voer aan loonbepaling moet groter ruimte laat vir markkragte soos vraag, aanbod, vaardighede, ervaring en produktiwiteit. Wat op ’n groot stedelike onderneming van toepassing is, kan nie sonder meer op ’n plaas of klein besigheid in ’n landelike gebied afgedwing word nie.

‘Ware sosiale geregtigheid lê nie in meer regulasies nie, maar in meer werk’

Die organisasie stel voor dat gedeelde verantwoordelikheid tussen staat en werkgewers sal geskied deur inkomsteaanvulling vir lae-inkomstewerkers, terwyl werkgewers ’n basies loon betaal.

In die lig van die huidige ekonomiese werklikheid, stygende insetkoste en rekordhoë werkloosheid, meen TLU SA dat daar geen ruimte is vir ’n verdere verhoging in die minimumloon nie.

“Ware sosiale geregtigheid lê nie in meer regulasies nie, maar in meer werk,” sê Van Zyl.

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder mvh

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.