On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

AgriSA bekommerd oor minimumloon

───   ISABEL VAN TONDER 11:07 Thu, 05 Feb 2026

 AgriSA bekommerd oor minimumloon | News Article
AgriSA is bekommerd oor die bykomende druk op landbou. Foto: Pexel

AgriSA betreur die tydsberekening van die verhoging in die minimumloon omdat dit ’n bykomende las plaas op die landbousektor.

Die nasionale minimumloon verhoog vanaf 1 Maart tot R30,23 per uur. Intussen herstel die landbousektor van opeenvolgende jare van inkrimping weens droogte, klimaatwisselvalligheid en dieresiekte-uitbrekings.

Johann Kotze, AgriSA se uitvoerende hoof, benadruk sy organisasie se steun vir billike en ordentlike lone vir plaaswerkers. Hulle erken dis belangrik om kwesbare werkers teen stygende lewenskoste te beskerm.

Die landbousektor het met onsekerheid te kampe terwyl hy werklike, meetbare ekonomiese verliese ly weens bek-en-klouseer en biosekerheidsuitdagings. Die veebedryf is verantwoordelik vir tussen 40% en 45% van landbou se bydrae tot die bruto binnelandse produk.

Die verhoging in die minimumloon is ekstra las vir landbousektor. Foto: Pexel

“AgriSA het deurentyd beklemtoon loonbeleid moet ‘sektorresponsief’ en ‘implementeringsbewus’ wees veral te midde van risiko soos die BEK-krisis. Arbeidsintensiewe subsektore, opkomende boere en uitvoergerigte waardekettings is veral blootgestel.”

Die organisasie was deurgaans betrokke deur die hersiening van die nasionale minimumloon en bly bekommerd dat aanpassings bo inflasie wat gedurende ’n tyd van dieregesondheidsnood geïmplementeer word, nog druk kan plaas op werkgeleenthede, plaaslewensvatbaarheid en die plattelandse ekonomie.

Agri SA vra parallelle optrede deur die regering om die landboubedryfsomgewing te stabiliseer. Dit sluit in versterkte dieregesondheid- en biosekerheidstelsels, versnelde oplossing van uitvoermarkbeperkings, verbeterde hawe en logistieke prestasie en verligting van geadministreerde insetkoste soos elektrisiteit.

AgriSA benadruk billike lone en salarisse vir plaawerkers ondanks stygende lewenskoste. Foto: Pexel

Sonder hierdie ingrypings is loonaanpassings ’n risiko wat werkvolhoubaarheid verswak en werkloosheid versnel eerder as om werkerswelstand te verbeter, se hy. 

AgriSA bly verbind tot opbouende betrokkenheid met die regering, georganiseerde arbeid en maatskaplike vennote om te verseker loonbeleid, werkersbeskerming en die langdurige volhoubaarheid van die Suid-Afrikaanse landbou word ondersteun.

Landbou is baie broos weens voedselsekerheid, plattelandse lewensonderhoud en uitvoerdienste wat onder druk is. 

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.