On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbousektor in nood

───   ISABEL VAN TONDER 05:00 Fri, 20 Feb 2026

Landbousektor in nood | News Article
Boere en hul gesinne verkeer onder geweldige druk. Foto: Pexel

Die landbousektor verkeer onder druk.

Dit is veral weens hoë insetkoste, swak pryse, gebrek aan volhoubare uitvoermarkte en ongunstige weerstoestande. Boonop woed bek-en-klouseer-uitbrekings landwyd voort.

“Die groot uitdaging waarmee boere gekonfronteer word, is ’n gebrek aan kontantvloei,” sê ds. Fritz Potgieter, leraar van die Gereformeerde Kerk Bloemfontein-Suid en voorsitter van die GKSA se deputate diakonale sake (DDS).

“As ’n boer nie sy melk of speenkalwers kan verkoop nie, is daar nie geld om ander dringende en nodige verpligtinge na te kom nie. Een van dié verpligtinge wat menige boer beleef, is om toe te sien dat hul kinders se skool en koshuisgeld betaal word.”

Boere ervaar tans verhoogde druk om uitgawes soos skool en koshuisgeld te betaal. Foto: Pexel

Die DDS se diensgroep vir noodtoestande het dit goedgedink om ’n fonds te begin om, deur die plaaslike diakonie, boere met die verpligtinge van skool- en koshuisgeld by te staan.

Die bede is dat dié fonds boere in nood kan help sodat hulle een minder probleem het om hulle oor te bekommer, hoe gering dit ook al is, sê Potgieter.

Fonds

Daarom vra die deputate dat lidmate boere en hul gesin in troue sorg aan die Hemelse Vader sal opdra en gemeentes en individue dit sal oorweeg om tot die fonds by te dra.

Rig navrae oor die fonds aan Anri Kotzee by 071 467 6571 of stuur ’n e-pos na die DDS.  

• Deel jou landbounuus: agri@ofm.co.za.

OFM Agri/Isabel van Tonder dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.